KKNK2024

'N KUUR VIR ELKE KWAAL

Dié Kuur • Jou feesmedisyne vir 31 Maart

KKNK 2024

Toneel-
hoogtepunte

Sandra Prinsloo skitter in die rol van die operadiva Maria Callas tydens haar swanesang in die jare sewentig, die slotbedryf van haar lewe. ...
Rooilug is ’n solovertoning wat sosiale kwessies takel en stories vertel van die uitwerking van huishoudelike geweld, die patriargie, die verkragtingskrisis en diskriminasie op gesinne ...
’n Klein dorpie met ’n sterrewag op die heuwel duskant ’n sluimerende vulkaan word getref deur ’n meteoriet. ’n Klein krater tussen die spekbome in ...
Hy word ’n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ’n ...
Hulle was net nog ’n getroude paartjie tot sy op ’n dag ophou vleis eet. . . Só begin ’n reeks gebeure van toenemende fisieke ...
See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen ...

Lekker lag
by KKNK 2024

Feesmark-verhoog

Musiek vir jeukvoete is volop met ’n keur van Suid-Afrika se gunstelinge op die musiekverhoog. Kom sing en dans saam van vroegmiddag tot laataand. Hier is solank ’n voorsmakie van wie jy op dié verhoog kan sien.

Saterdag 23 Maart:

Jovan & Thelma (12:00), Paul Amas & band (13:30), Alistair Izobell (15:00), Lisie Basson (16:30), Jay (18:00), Elandré (19:30), Die Heuwels Fantasties (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).

Sondag 24 Maart:

Prerogative Live Band (12:00), Michael Lindt (13:30), West (15:00), Congo Cowboys (16:30), Brendan Peyper (18:00), Ricus Nel (19:30), Appel (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).

Maandag 25 Maart:

Granville Michaels (12:00), Desmond Wells (13:30), Kurt Darren (15:00), The Rockettz New Generation (16:30), Karlien van Jaarsveld (18:00), Early B (19:30) en ’n DJ (vanaf 21:00). 

Dinsdag 26 Maart:

Hoërskool Outeniqua Jazz Band (12:00), Rubber Johnny (13:30), Tino (15:00), Barto (16:30), Die Piesangskille (18:00), Spoegwolf (19:30) en ’n DJ (vanaf 21:00). 

KKNK Feesmark
KKNK 2024
Woensdag 27 Maart:

Zurilda (12:00), Naaim (13:30), Crushanda (15:00), Eloff (16:30), Jarrad Ricketts (18:00), Dodo Nyoka (19:30), Juanita du Plessis (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30). 

Donderdag 28 Maart:

Byron Minnie (12:00), Reborne Band (13:30), Wicus van der Merwe (15:00), Refentse (16:30), Bobby van Jaarsveld (18:00), Ouma Sarie en DJ Slide (19:30), Brandon Leigh’s Big Mix (21:00) en Busiswa (22:30).

Vrydag 29 Maart:

Bruin Biskuit (12:00), Paul Amas en band (13:30), Marissa (15:00), Vuvu Kumalo (16:30), Samantha Leonard (18:00), Demi Lee Moore (19:30), Riaan Benadé (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30). 

Saterdag 30 Maart:

Tino (12:00), Bruin Biskuit (13:30), Ray Dylan (15:00), Chris Steyn (16:30), Sunset Sweatshop (18:00), Francois van Coke (19:30), YoungstaCPT (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30). 

Sondag 31 Maart:

Michael Lindt & band (11:00), Gugulethu Tenors (12:30), Jannie Moolman (14:00) en Jonathan Rubain (15:30).

Klein Karoo-ervarings