Die groot bederf is hier
Dit is weer daardie hoogtepunt van elke jaar wanneer Suid-Afrikaners van oor die land heen opruk na Oudtshoorn vir die groot bederf van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) hier in die Volstruisdorp.
KKNK perfekte kulturele versnit
Ons land en provinsie se erfenis vertel ’n verhaal van ryke diversiteit, lewenskragtigheid, volharding en vindingrykheid.
Dis weer tyd vir feesvieringe
’n Jaar is in ’n oogwink verby en ons is reeds by KKNK 2024. Wat ’n voorreg vir ons dorp om hierdie internasionaal bekende fees weer eens te kan aanbied en vir die munisipaliteit om deel te kan wees daarvan.
Empatiese blik op ’n wyer wêreld
Om na ’n stuk goeie teater te kyk, ’n beeldhouwerk te bestudeer, ’n skildery se perspektief te probeer insien, of meegesleur te raak deur die lirieke van ’n lied, maak ons beter mense.
ATKV volg sy eie voorskrif met goeie kunstedosis
Elke dag praat, bid, sing, stry en dans mense in Afrikaans in Suid-Afrika. Afrikaans is gesond en nêrens anders sien ’n mens dit so lééf as by ons kunstefeeste nie.
KKNK bring regte boodskap vir regte tyd
Die KKNK se nuwe bemarkingsveldtog kom asof dit gestuur is! ’n Kuur vir elke kwaal. Die regte boodskap op die regte tyd. Ná baie jare se gewroeg kan ons uiteindelik weer die kernkonsep van ’n “fees” omarm op die vlaktes van die Klein Karoo. Suid-Afrikaners is sat gewroeg en moeg vir sukkel sonder krag en hierdie vars bries wat die KKNK ons beloof, is net die ding wat die dokter voor-geskryf het.
Van aktuele sake tot komedie – alles op een plek
In hierdie verkiesingsjaar vir Suid-Afrika (en trouens vir meer as 50 ander lande) wil Netwerk24 sin maak van kwessies en emosies wat die hede en toekoms bepaal – in Afrikaans en by ’n fees wat al vir 28 jaar lank grense verskuif.
Allerlei lekkernye maak die feeservaring selfs beter
Checkers is baie opgewonde om vanjaar deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees te wees waar ons feesgangers se ervaring van kuns, bobaas-kos en lekker saamkuier selfs beter en beter gaan maak.
Absa maak impak op kunstebedryf en gemeenskap
Met die 28ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in 2024 vier Absa sy 22ste jaar as trotse borg van dié fees.