{"id":3082,"date":"2024-03-13T16:40:02","date_gmt":"2024-03-13T16:40:02","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/?p=3082"},"modified":"2024-03-14T11:50:24","modified_gmt":"2024-03-14T11:50:24","slug":"borgeboodskap-een","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/kknk-2024-borg\/borgeboodskap-een\/","title":{"rendered":"Absa maak impak op kunstebedryf en gemeenskap"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">By Absa glo ons dat ons \u2019n betekenisvolle rol het om te speel in die verskillende lande waarin ons werk. Die kombinasie van ons grootte, reikwydte en teenwoordigheid bied aan ons die geleentheid om \u2019n waardevolle bydrae tot die bevordering van plaaslike en internasionale talent te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons vennootskap met en borgskap van die KKNK stel ons in staat om voort te gaan om \u2019n volhoubare impak op die gemeenskap van Oudtshoorn en die kunstebedryf as geheel te h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Absa is, soos vorige jare, verheug om alle feesgangers te nooi om die reeks ervarings te geniet wat ons spesiaal saamgestel het vir die sonkragaangedrewe Absa Kuierkamer, waaronder die immergewilde koffietafelgesprekke met Hannes van Wyk. Dit is die ideale plek om te ontspan en al die besienswaardighede en klanke van die fees in te neem. Sluit by ons aan vir die viering van kuns en kleur, terwyl jy plaaslik vervaardigde verversing geniet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kunsliefhebbers moet \u2019n draai gaan maak by die solo-uitstalling van Malebogo Molokoane, wenner van die Absa L\u2019Atelier Gerard Sekoto-prys in 2022, wat dwarsdeur die fees in die Prince Vintcent-gebou te sien is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As \u2019n voortsetting van ons verbintenis om \u2019n positiewe bydrae te lewer in die gemeenskappe wat ons dien, ontwerp en ontwikkel Absa nog \u2019n volhoubare groentetuin waarby \u2019n plaaslike skool gaan baat. Absa gee ook vanjaar die publiek \u2019n geleentheid om \u2019n baksteen te verf wat gebruik gaan word om nog \u2019n Maakit Mooi-installasie te bou \u2013 \u2019n projek met funksionele kuns waarmee die dorp verfraai word. Die bakstene waarop inwoners en feesgangers hul kreatiwiteit kan uitleef, is beskikbaar in Baron van Reedestraat. Ecobricks word ook bygevoeg by die huidige Maakit Mooi se \u201cBoom van eenheid\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Absa Kuierkamer bied daagliks vermaak op die verhoog, met gemaklike sitplekke, laaistasies, gratis Wi-Fi, toegang tot badkamers en eet- en drinkgoed wat \u2019n verskeidenheid happies, lekkernye en drankies insluit. \u2019n Spesiale toevoeging vanjaar is \u2019n reeks opwindende aandgeleenthede met vermaak en aandete. Absa se afdeling vir voertuig- en batefinansiering, saam met plaaslike motorhandelaars, bied ook voertuiguitstallings aan, asook die Absa Vehicle-on-the-move vir al jou banknavrae.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Besoek asseblief die Absa Kuierkamer vir meer inligting oor al hierdie aktiwiteite.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons sien daarna uit om jou hier te verwelkom terwyl ons voortgaan om saam aan Afrika se toekoms te bou en mense te bemagtig, een storie op \u2019n slag, terwyl ons die dinamiese kunstebedryf saam vier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">FOTO:<br><strong>John Tshabalala<\/strong><br>Afdelingshoof: Privaatbankdienste, Absa Verhoudingsbankwese<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die 28ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in 2024 vier Absa sy 22ste jaar as trotse borg van di\u00e9 fees.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":3095,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[55],"class_list":["post-3082","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-2024-borg","tag-absa"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3082","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3082"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3082\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3200,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3082\/revisions\/3200"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3095"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3082"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3082"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3082"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}