{"id":3226,"date":"2024-03-14T12:11:27","date_gmt":"2024-03-14T12:11:27","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/?p=3226"},"modified":"2024-03-14T12:15:31","modified_gmt":"2024-03-14T12:15:31","slug":"deon-meyer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/kknk-2024-vereerdes\/deon-meyer\/","title":{"rendered":"Deon Meyer"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk doen die afgelope 30 jaar wat vir my verskriklik lekker is. Hierdie prys is \u2019n geweldige eer en het my onkant gevang. En dis nie skyn-nederigheid nie. Om vereer te word vir iets wat vir jou so lekker is om te doen, voel amper verkeerd,\u201d s\u00ea Deon Meyer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met sy boeke wat in 27 tale vertaal is, die een treffer n\u00e1 die ander en hoe hy homself die afgelope tyd ook bewys het as draaiboekskrywer en vervaardiger, wys net weer hoekom hy een van die suksesvolste Afrikaanse skrywers is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk sien myself nog steeds as die outjie van Klerksdorp. Ek het nog nooit vir erkenning geskryf nie. As jy voor \u2019n le\u00eb blad sit, beteken pryse niks nie. Maar byges\u00ea: Hierdie verering van die KKNK is spesiaal omdat die KKNK so groot rol in my lewe gespeel het. Die eerste keer wat ek as skrywer by \u2019n fees was, was by die KKNK met <em>Feniks<\/em>, wat in 1996 verskyn het.\u201d Intussen het daar 15 boeke uit sy pen verskyn, met die jongste, <em>Leo<\/em>, wat in Oktober 2023 bekend gestel is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2018 het Coenie de Villiers Deon omgepraat om deel te word van die produksie <em>Karoo Suite<\/em>. <em>Karoo Suite II: Karoonagte<\/em> het gevolg en was soos sy voorloper \u2019n reusesukses onder gehore.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk was totaal buite my gemaksone, maar by Coenie, \u2019n jare lange vriend, voel ek veilig. Toe hy dus s\u00ea ons moet saamwerk aan \u2019n musiekblyspel, het dit my 15 sekondes geneem om ja te s\u00ea.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die musiekblyspel <em>Roem<\/em> debuteer by die KKNK en het onder andere Anrich Herbst, Daneel van der Walt, Eldon van der Merwe en die nuweling Nelandi Boshoff in die rolverdeling.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis \u2019n droom wat ek gehad het sedert ek <em>Tommy<\/em> se klankbaan gehoor het toe ek 19 was. Ek het probeer om \u2019n musiekblyspel te skryf, maar het besef ek kan dalk die storie en die lirieke skryf, maar nie die musiek nie. Dit het soveel jare geneem vir Coenie om hierdie droom van my waar te maak.\u201d&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir liter\u00eare bydrae<\/p>","protected":false},"author":3,"featured_media":3227,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[67],"tags":[68],"class_list":["post-3226","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-2024-vereerdes","tag-vereerdes"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3226","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3226"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3226\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3228,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3226\/revisions\/3228"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3227"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}