{"id":3238,"date":"2024-03-14T12:18:18","date_gmt":"2024-03-14T12:18:18","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/?p=3238"},"modified":"2024-03-14T12:18:24","modified_gmt":"2024-03-14T12:18:24","slug":"poem-mooney","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/kknk-2024-vereerdes\/poem-mooney\/","title":{"rendered":"Poem Mooney"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Vra jy vir Poem Mooney waar sy wortels die diepste begrawe is, antwoord hy: \u201cMy naelstring l\u00ea in Prins Albert.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is waar hy gebore is, maar Oudtshoorn is die plek waar hy seker die diepste spore getrap het. Poem is \u2019n leermeester, \u2019n digter en skrywer van boeke soos <em>Kringe om die maan<\/em>, <em>Klink soos \u2019n klok<\/em>&nbsp;and <em>Stories uit lap<\/em>, sy boek oor Prins Albert. Hy is ook \u2019n storieverteller, \u2019n Godsman en stamhoof van die Attakwa-Khoisan, wat hy in 2000 by die W\u00eareldberaad van Inheemse Volkere in Switserland verteenwoordig het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het wonderlike jeugherinneringe,\u201d s\u00ea hy. \u201cMy oupa was \u2019n steenmaker in Prins Albert en ons was \u2019n hegte familie om daardie kleigat. Ek het skoolgegaan op Oudtshoorn en my ook daar as onderwyser bekwaam.\u201d As hy een ding as \u2019n hoogtepunt in sy lewe van 81 jaar moet uitsonder, is dit toe hy Kairos, \u2019n skool vir kinders met spesiale behoeftes, in Oudtshoorn begin het. Later het Eljada, \u2019n sentrum vir intellektueel gestremde volwassenes, en Kairos saamgesmelt en nou staan dit bekend as die Eljada-Kairos Skool. \u201cDit is die grootste oomblik in my lewe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Poem se liefde vir Afrikaans is duidelik in alles wat hy doen en s\u00ea. \u201cEk het onlangs weer die nuwe HAT-woordeboek gekoop. Ek het drie van hulle plat gewerk! As jy gebind is aan \u2019n taal, het jy \u2019n plek; is jy geknoop aan jou land. Die KKNK is ook so \u2019n knoop wat van die begin \u2019n invloed op ons gemeenskap gehad het. Nie net in Oudtshoorn nie, maar ook van suid na noord. Hoeveel feeste het nie daarna begin nie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy persoonlike KKNK-hoogtepunt was toe <em>Die eiland<\/em>, \u2019n eenvroustuk wat hy saam met wyle Hans Oosthuizen geskryf het en waarin Muriel Engelbrecht gespeel het, op die fees opgevoer is. \u201cWas dit nie vir die KKNK nie, sou dit nooit die lig gesien het nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe sal hy graag onthou wil word? \u201cVir my betrokkenheid in die gemeenskap. Ek praat en skryf graag oor die geskiedenis van ons land en hoe ons soms met skrefieso\u00eb daarna kyk. Ek wil nooit in enige ander land woon nie. Ons moet positief bly. As jy positief is, kan jy voortgaan. My geloof is vir my belangrik en net vanoggend weer het ek ges\u00ea: \u2018Here, sonder U kan ons niks doen nie.\u2019 Ek is dankbaar dat ek hier in die Klein Karoo \u2019n verskil kon maak.\u201d<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KKNK-prys vir lewensbydrae tot kuns en kultuur<\/p>","protected":false},"author":3,"featured_media":3236,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[67],"tags":[68],"class_list":["post-3238","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-2024-vereerdes","tag-vereerdes"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3238","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3238"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3238\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3239,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3238\/revisions\/3239"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3236"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3238"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3238"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2024.kknk.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3238"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}