Karoo Kaarte-staptoer

Tydens die fees in 2023 het Karoo Kaarte ’n opwindende slimfoon-app bekend gestel, wat selfbegeleide toere herverbeel en saamgesmelt het met die mondelinge geskiedenis wat tydens die projek ingesamel is. Die app is ’n interaktiewe argief van herinneringe uit mense se kinderdae en staaltjies oor verlore en openbare ruimtes van Oudtshoorn. Nuwe gebiede van belang word in 2024 tot die app bygevoeg en ’n reeks begeleide staptoere word aangebied. Elke staptoer is ’n unieke ervaring terwyl gehore deur die verskillende woonbuurte van Oudtshoorn begelei word, met verskillende Karoo Kaarte-spanlede wat hul eie persoonlike stories en staaltjies oor die dorp verweef met die herinneringe van mede-inwoners waarmee daar vir die projek onderhoude gevoer is. Deelnemers benodig toegang tot ’n slimfoon met data om die Karoo Kaarte-app af te laai. Oorfone is nie noodsaaklik nie, maar gaan die ervaring verbeter. Die roete is ongeveer 3 km lank.

Veeltalig • Gesin • 90 min.
R80
23 March, 09:00
24 March, 09:00
25 March, 09:00
26 March, 09:00
27 March, 09:00
28 March, 09:00
29 March, 09:00
30 March, 09:00
31 March, 09:00
Vertrek vanaf C.P. Nel-museum-muurskildery

You might also like:

Argief is curated from the Karoo Kaarte project archive. The exhibition draws from the artworks produced during the multiple public participatory...
The KKNK’s Karoo Kaarte is a groundbreaking public participatory storytelling project, founded in 2021, which uses a range of creative...
Enjoy the wines of Fat Bastard and feast on the harvest – in a wonderful environment where you can listen to the evening sounds...