Karoo Kaarte-staptoer

Tydens die fees in 2023 het Karoo Kaarte ’n opwindende slimfoon-app bekend gestel, wat selfbegeleide toere herverbeel en saamgesmelt het met die mondelinge geskiedenis wat tydens die projek ingesamel is. Die app is ’n interaktiewe argief van herinneringe uit mense se kinderdae en staaltjies oor verlore en openbare ruimtes van Oudtshoorn. Nuwe gebiede van belang word in 2024 tot die app bygevoeg en ’n reeks begeleide staptoere word aangebied. Elke staptoer is ’n unieke ervaring terwyl gehore deur die verskillende woonbuurte van Oudtshoorn begelei word, met verskillende Karoo Kaarte-spanlede wat hul eie persoonlike stories en staaltjies oor die dorp verweef met die herinneringe van mede-inwoners waarmee daar vir die projek onderhoude gevoer is. Deelnemers benodig toegang tot ’n slimfoon met data om die Karoo Kaarte-app af te laai. Oorfone is nie noodsaaklik nie, maar gaan die ervaring verbeter. Die roete is ongeveer 3 km lank.

Veeltalig • Gesin • 90 min.
R80
23 Maart, 09:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Vertrek vanaf C.P. Nel-museum-muurskildery

Het jy al gekyk na:

Die Karoo Kaarte-uitstalling bied ’n oorsig van dié grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek. ...
Op dié gemaklike staptoer word daar besoek afgelê by belangrike argitektoniese geboue op Oudtshoorn. Een hiervan is die NG Moederkerk waar bouwerk in 1860 begin ...
Soortgelyk aan Elemente, die Loop speel-zines en die kinderstorieboek Spekskiet en tande tel, skep Karoo Kaarte ’n eerste grafiese roman gebaseer op ’n keur van ...