Feesmark
Welkom by die KKNK se Feesmark. Hier gaan jy ’n kuur vir elke kwaal vind! Van vroegoggend tot laataand word baie doendinge vir die hele gesin aangebied, met hope om te sien, te hoor, te beleef, te proe, te ruik en te ervaar.
Feesmark-verhoog
Musiek vir jeukvoete is volop met ’n keur van Suid-Afrika se gunstelinge op die musiekverhoog. Kom sing en dans saam van vroegmiddag tot laataand.
Saterdag 23 Maart:
Jovan & Thelma (12:00), Paul Amas & band (13:30), Alistair Izobell (15:00), Lisie Basson (16:30), Jay (18:00), Elandré (19:30), Die Heuwels Fantasties (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).
Sondag 24 Maart:
Prerogative Live Band (12:00), Michael Lindt (13:30), West (15:00), Congo Cowboys (16:30), Brendan Peyper (18:00), Ricus Nel (19:30), Appel (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).
Maandag 25 Maart
Granville Michaels (12:00), Desmond Wells (13:30), Kurt Darren (15:00), The Rockettz New Generation (16:30), Karlien van Jaarsveld (18:00), Early B (19:30) en ’n DJ (vanaf 21:00).
Dinsdag 26 Maart:
Hoërskool Outeniqua Jazz Band (12:00), Rubber Johnny (13:30), Tino (15:00), Barto (16:30), Die Piesangskille (18:00), Spoegwolf (19:30) en ’n DJ (vanaf 21:00).
Woensdag 27 Maart:
Zurilda (12:00), Naaim (13:30), Crushanda (15:00), Eloff (16:30), Jarrad Ricketts (18:00), Dodo Nyoka (19:30), Juanita du Plessis (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).
Donderdag 28 Maart:
Byron Minnie (12:00), Reborne Band (13:30), Wicus van der Merwe (15:00), Refentse (16:30), Bobby van Jaarsveld (18:00), Ouma Sarie en DJ Slide (19:30), Brandon Leigh’s Big Mix (21:00) en Busiswa (22:30).
Vrydag 29 Maart:
Bruin Biskuit (12:00), Paul Amas en band (13:30), Marissa (15:00), Vuvu Kumalo (16:30), Samantha Leonard (18:00), Demi Lee Moore (19:30), Riaan Benadé (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).
Saterdag 30 Maart:
Tino (12:00), Bruin Biskuit (13:30), Ray Dylan (15:00), Chris Steyn (16:30), Sunset Sweatshop (18:00), Francois van Coke (19:30), YoungstaCPT (21:00) en ’n DJ (vanaf 22:30).
Sondag 31 Maart:
Michael Lindt & band (11:00), Gugulethu Tenors (12:30), Jannie Moolman (14:00) en Jonathan Rubain (15:30).
Checkers Liplekker-teater
Kuier saam en beleef kunstige bobaas-kos wat alles net beter en beter maak. Besoek die Checkers Liplekker-teater vir kombuisgeselsies en hartskos saam met bekroonde kosskrywer Herman Lensing en sy bekende vriende. Klik hier vir die program.
Klein KKNK-teater
Familieteater en -vermaak het ’n nuwe tuiste in die Feesmark! Ure se vermaak wag by die Klein KKNK-teater op kinders en hul ouers in dié spesiale, goed toegeruste teatertent. Toegang is gratis vir Feesmark-kaartjiehouers, maar plek in die teater is beperk. Sien uit na kinderteaterproduksies, boekvoorlesings, poppekas, speletjies en meer.
Absa Kuierkamer
Nóg opwindende inhoud vir oud en jonk word in die Absa Kuierkamer aangebied. Kom sit agteroor, skop jou skoene uit en ontspan in Absa se lugverkoelde area en geniet insiggewende gesprekke met bekendes. Klik hier die die program.
Kosstalletjies en kroeë
Smul tussendeur aan die buffet van kos by die kosstalletjies, proe deli-produkte, lekkernye en drinkgoed en koel af met ’n yskoue lafenis by een van die vele kroeë.
KKNK-winkel en Kunsstalletjies
Die KKNK-winkel swaai sy deur oop in ’n nuwe area met meer en mooier aandenkings as in 2023 en as jy laar daar inkopies gedoen het, kan jy verder vir ure deur die inkopieparadys van die kunsstalletjies wandel.
Pretpark
En om van daardie laaste bietjie energie ontslae te raak, maak gerus ’n draai by die pretpark.
Hoeveel kos kaartjies?
Jy het ’n keuse tussen dagkaartjies, of feeskaartjies teen ’n besparing indien jy langer kom kuier. Onthou om jou kaartjies vir die Feesmark (soos jou teaterkaartjies) vooraf te koop, aangesien kaartjies wat vooraf gekoop is goedkoper as by die hekke of deure is.
Dagkaartjies
23 tot 30 Maart
R80 per dag (volwassenes)
R100 per dag (15 tot 22 Maart)
R120 per dag (by die hekke)
31 Maart
R50 (volwassenes)
R60 (15 tot 22 Maart)
R70 (volwassenes vanaf 23 Maart)
Weekkaartjies
Volwassenes
R490 vir ’n Feeskaartjie (al 9 dae)
Pensionarisse
R345 vir ’n Feeskaartjie (al 9 dae)
Slegs by KKNK-kantoor beskikbaar
Kaartjies vir kinders
Tussen 7 en 13 jaar
R30 per dag (23 tot 31 Maart)
Jonger as 7 met ouerbegeleiding
Gratis