Festival Market

Welkom by die KKNK se Feesmark. Hier gaan jy ’n kuur vir elke kwaal vind! Van vroegoggend tot laataand word baie doendinge vir die hele gesin aangebied, met hope om te sien, te hoor, te beleef, te proe, te ruik en te ervaar. 

Feesmark-verhoog

Musiek vir jeukvoete is volop met ’n keur van Suid-Afrika se gunstelinge op die musiekverhoog. Kom sing en dans saam van vroegmiddag tot laataand.

Saturday 23 March:

Jovan & Thelma (12:00), Paul Amas & band (13:30), Alistair Izobell (15:00), Lisie Basson (16:30), Jay (18:00), Elandré (19:30), Die Heuwels Fantasties (21:00) and a DJ (from 22:30).  

Sunday 24 March:

Prerogative Live Band (12:00), Michael Lindt (13:30), West (15:00), Congo Cowboys (16:30), Brendan Peyper (18:00), Ricus Nel (19:30), Appel (21:00) and a DJ (from 22:30).  

Monday 25 March:

Granville Michaels (12:00), Desmond Wells (13:30), Kurt Darren (15:00), The Rockettz New Generation (16:30), Karlien van Jaarsveld (18:00), Early B (19:30) and a DJ (from 21:00).   

Tuesday 26 March:

Hoërskool Outeniqua Jazz Band (12:00), Rubber Johnny (13:30), Tino (15:00), Barto (16:30), Die Piesangskille (18:00), Spoegwolf (19:30) and a DJ (from 21:00).   

KKNK Feesmark
KKNK 2024
Wednesday 27 March:

Zurilda (12:00), Naaim (13:30), Crushanda (15:00), Eloff (16:30), Jarrad Ricketts (18:00), Dodo Nyoka (19:30), Juanita du Plessis (21:00) and a DJ (from 22:30).  

Thursday 28 March:

Byron Minnie (12:00), Reborne Band (13:30), Wicus van der Merwe (15:00), Refentse (16:30), Bobby van Jaarsveld (18:00), Ouma Sarie and DJ Slide (19:30), Brandon Leigh’s Big Mix (21:00) and Busiswa (22:30).

Friday 29 March:

Bruin Biskuit (12:00), Paul Amas en band (13:30), Marissa (15:00), Vuvu Kumalo (16:30), Samantha Leonard (18:00), Demi Lee Moore (19:30), Riaan Benadé (21:00) and a DJ (from 22:30).  

Saturday 30 March:

Tino (12:00), Bruin Biskuit (13:30), Ray Dylan (15:00), Chris Steyn (16:30), Sunset Sweatshop (18:00), Francois van Coke (19:30), YoungstaCPT (21:00) and a DJ (from 22:30).  

Sunday 31 March:

Michael Lindt & band (11:00), Gugulethu Tenors (12:30), Jannie Moolman (14:00) and Jonathan Rubain (15:30).

Checkers Liplekker-teater

Kuier saam en beleef kunstige bobaas-kos wat alles net beter en beter maak. Besoek die Checkers Liplekker-teater vir kombuisgeselsies en hartskos saam met bekroonde kosskrywer Herman Lensing en sy bekende vriende. Klik hier vir die program.

KKNK 2024
KKNK 2024

Klein KKNK-teater

Familieteater en -vermaak het ’n nuwe tuiste in die Feesmark! Ure se vermaak wag by die Klein KKNK-teater op kinders en hul ouers in dié spesiale, goed toegeruste teatertent. Toegang is gratis vir Feesmark-kaartjiehouers, maar plek in die teater is beperk. Sien uit na kinderteaterproduksies, boekvoorlesings, poppekas, speletjies en meer. 

KKNK 2024

Absa Kuierkamer

Nóg opwindende inhoud vir oud en jonk word in die Absa Kuierkamer aangebied. Kom sit agteroor, skop jou skoene uit en ontspan in Absa se lugverkoelde area en geniet insiggewende gesprekke met bekendes. Klik hier die die program.  

KKNK 2024

Kosstalletjies en kroeë

Smul tussendeur aan die buffet van kos by die kosstalletjies, proe deli-produkte, lekkernye en drinkgoed en koel af met ’n yskoue lafenis by een van die vele kroeë.

KKNK 2024

KKNK-winkel en Kunsstalletjies​

Die KKNK-winkel swaai sy deur oop in ’n nuwe area met meer en mooier aandenkings as in 2023 en as jy laar daar inkopies gedoen het, kan jy verder vir ure deur die inkopieparadys van die kunsstalletjies wandel.

KKNK 2024

Pretpark

En om van daardie laaste bietjie energie ontslae te raak, maak gerus ’n draai by die pretpark. 

Hoeveel kos kaartjies?

Jy het ’n keuse tussen dagkaartjies, of feeskaartjies teen ’n besparing indien jy langer kom kuier. Onthou om jou kaartjies vir die Feesmark (soos jou teaterkaartjies) vooraf te koop, aangesien kaartjies wat vooraf gekoop is goedkoper as by die hekke of deure is.

Dagkaartjies

23 tot 30 Maart

R80 per dag (volwassenes)
R100 per dag (15 tot 22 Maart)
R120 per dag (by die hekke)

31 Maart

R50 (volwassenes)
R60 (15 tot 22 Maart)
R70 (volwassenes vanaf 23 Maart)

Weekkaartjies

Volwassenes

R490 vir ’n Feeskaartjie (al 9 dae)

Pensionarisse

R345 vir ’n Feeskaartjie (al 9 dae)

Slegs by KKNK-kantoor beskikbaar

Kaartjies vir kinders

Tussen 7 en 13 jaar

R30 per dag (23 tot 31 Maart)

Jonger as 7 met ouerbegeleiding

Free

Waar is die Feesmark?

Jy sal die Feesmark vind in die area rondom die De Jager-sportsentrum in Voortrekkerweg. 

Hoe laat maak die Feesmark oop en toe?

Stalletjies: 23 tot 30 Maart 10:00 – 19:00 en 31 Maart 10:00 – 17:00 • Feesmark-verhoogarea: 23 tot 30 Maart 10:00 tot laat en 31 Maart 10:00 tot 18:00

Neem kennis

Geen troeteldiere word op die KKNK se terreine, insluitend die Feesmark, toegelaat nie. Slegs amptelike gidshonde word toegelaat.