Kuier saam in die

Absa Kuierkamer

KKNK 2024

Absa se Kuierkamer bied ’n geleentheid vir die hele gesin om hul skoene uit te skop en die aktiwiteite in dié verkoelde oase te geniet.

Vermaak uit die boonste rakke word aangebied, met musiek deur gewilde en opkomende kunstenaars, asook insiggewende gesprekke en ander aktiwiteite. Kos is te koop, met eksklusiewe voordele en verrassings vir Absa-kaarthouers. Terwyl jy jou batterye hier herlaai, laai sommer jou foon s’n ook. Gratis Wi-Fi is beskikbaar, wat beteken daar is hope kanse om selfies te deel. Absa se bankiers staan by die Absa Rooibank gereed om jou met enige Absa-bankdienste te help.

’n Nuwe toevoeging tot die Absa Kuierkamer is Absa Aandklanke, ’n intieme ervaring van unpluggedmusiek, perfek afgerond met heerlike happies uit die Karoo. Eet- en ...
In die middae kan jy luister na verskillende kunstenaars wat hul talente, maar ook iets van hul eie stories met gehore gaan deel. ...
Die immergewilde Hannes van Wyk gesels met vele bekendes oor hul doen en late en gehore kan vrae vra en die paneellede leer ken. ...