Olyf tot olyfolie

Aangebied deur Precilla Steenkamp en Megan Stuurman van De Rustica

“Jy sal nooit weet hoe ’n slegte olyfolie proe voordat jy ’n goeie een geproe het nie.”

De Rustica se Estate Collection Coratina-olyfolie is in 2023 as die wêreld se beste olyfolie aangewys by die Evooleum-kompetisie in Spanje. Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olyfolie verbou, geoes en produseer word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien. ’n Kort video bied insig in die geskiedenis van die olyfbedryf in Suid-Afrika, waarna ’n professionele en ervare toergids die groep vergesel na die olyfboord en meer inligting verskaf oor die landgoed, die olyfbome en verskillende kultivars. Gaste besoek ook die olyfmeule, wat ’n insiggewende toer van die Alfa Laval-pers insluit. ’n Unieke proe-ervaring van olyfolie is iets wat jy nie gou sal vergeet nie. Verskillende style van olyfolie van verskillende oesjare en variëteite word geproe. Daar is nie ’n beter manier om meer oor die geheime van olyfolie te leer as by De Rustica Olive Estate nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
R100
23 Maart, 11:00
23 Maart, 14:00
24 Maart, 11:00
25 Maart, 11:00
25 Maart, 14:00
26 Maart, 11:00
26 Maart, 14:00
27 Maart, 11:00
27 Maart, 14:00
28 Maart, 11:00
De Rustica Olive Estate, Oudemuragie-pad, De Rust (35 km buite Oudtshoorn)

Het jy al gekyk na:

Geniet ’n buffet-ontbyt in die restaurant en beleef ’n wonderlike ervaring saam met die drie grootpote Malaika, Bulelo en Jabari. ...
Kom drink van die wyne van Fat Bastard en proe van die oes – in ’n wonderlike omgewing waar jy kan luister na die aandklanke ...
Op dié gemaklike staptoer word daar besoek afgelê by belangrike argitektoniese geboue op Oudtshoorn. Een hiervan is die NG Moederkerk waar bouwerk in 1860 begin ...