Empatiese blik op ’n wyer wêreld

Om na ’n stuk goeie teater te kyk, ’n beeldhouwerk te bestudeer, ’n skildery se perspektief te probeer insien, of meegesleur te raak deur die lirieke van ’n lied, maak ons beter mense.
Deel met ander

Dit help ons om met meer empatie na die lewenservarings te kyk van vreemdelinge met wie ons nogtans kantore, buurte, dorpe, ’n land deel . . . en selfs ’n woonhuis. Sonder die instandhouding van die kunste word ons meer vreemd vir mekaar eerder as bietjie vir bietjie meer bekend. Selfs bemind . . . kykNET en die KKNK het dit albei as ons doelstellings om die gebruikers van kultuur aan wêrelde bloot te stel wat op klein en groot maniere anders is as hul eie. Dit is vir kykNET ’n uitbundige plesier om by die KKNK betrokke te wees, ’n ikoniese fees wat nie net die kunste stimuleer deur produksies moontlik te maak en te befonds nie, maar ook die genieters van daardie kunste op een plek bymekaar te bring – ’n plek wat boonop spog met asemrowende vlaktes wat met elke sonsondergang anders lyk, en ’n ryke skakering van verskillende stories wat ook anders lyk of klink afhangend van wie dit is wat daarna kyk of luister. 

FOTO:
Waldimar Pelser
M-Net-direkteur: Premium-kanale