Daar is net een teater op die dorp wat al jou sintuie gaan prikkel – en dit is die Checkers Liplekker-teater. Kom maak ’n draai om te hoor hoe kosskrywer Herman Lensing en sy bekende vriende hul kookgeheime verklap.
En wanneer die hongerpyne begin pla, kan jy gaan smul aan die heerlike eetgoed by ons Checkers-kosstalletjies. Sit ’n bietjie en geniet gunstelinge soos ons Forage and Feast-kaasborde, Championship Boerewors-rolletjies, heerlike soesji, ’n kuierplek vir jenewerliefhebbers, en vir die allerbelangrike ekstra woema is daar Foreign Ground-koffie.
Kyk ook uit vir ’n spesiale Sixty60-afleweringspunt – want terwyl jy kuier, sal ons karweier.
Dis vakansietyd, en bederftyd, met Checkers se feestelike lekkernye op almal se lippe.
Mag dit ’n onvergeetlike KKNK wees vir oud en jonk!