ATKV volg sy eie voorskrif met goeie kunstedosis

Elke dag praat, bid, sing, stry en dans mense in Afrikaans in Suid-Afrika. Afrikaans is gesond en nêrens anders sien ’n mens dit so lééf as by ons kunstefeeste nie.
Deel met ander

Die KNNK sê daar is ’n kuur vir elke kwaal by die fees en daarom het die ATKV dié voorskrif: Besoek Oudtshoorn van 23 tot 31 Maart en neem elke dag ’n goeie dosis Afrikaans in. Ons volg ons eie voorskrif en is betrokke by etlike projekte.  

• Die ATKV is weer die naamborg van die ATKV-Griesselsaal – kom kyk gerus na wat daar aangebied word.
• Die Lucky Pakkie-teater bied iets vir almal se smaak en die inhoud is ’n geheim. Kom maak ’n draai vir kraakvars teaterkonsepte.
• Die Klein KKNK-teater in die Feesmark gee aan kinders die kans om teater te ervaar. Daar sal daagliks tot drie kinderteaterproduksies wees. Moenie die ATKV-tak Gemeenskapsteater se Dinosourusse kan nie lees nie misloop nie.  
• Afrikaans se toekoms is in die hande van die jong mense en daarom bied ons saam met die Wes-Kaapse onderwysdepartement die KKNK Jeugkunstefees aan. Dit gee hoërskoolleerders ’n kans om hul slag te wys.  

Kry doepa vir jou siel by die KKNK!

FOTO:
Sonél Brits
Besturende direkteur: ATKV-MSW