Dis weer tyd vir feesvieringe

’n Jaar is in ’n oogwink verby en ons is reeds by KKNK 2024. Wat ’n voorreg vir ons dorp om hierdie internasionaal bekende fees weer eens te kan aanbied en vir die munisipaliteit om deel te kan wees daarvan.
Deel met ander

Vanaf 23 tot 31 Maart is Oudtshoorn vir ’n volle nege dae die tuiste van die land se beste produksies en aanbiedinge en stroom derduisende mense na die Klein Karoo om aan die fees te kom deelneem. Die munisipaliteit is gereed vir die instroming en vir dienslewering om vanjaar se fees ’n nog groter sukses te maak. Ons opregte dank en waardering aan Kunste Onbeperk se direksie en personeel en elkeen wat hierdie reusebydrae tot ons dorp maak en Oudtshoorn vierkantig op die land se kunstekaart plaas. Baie dankie ook aan elke inwoner en sakeonderneming wat hande vat om ons besoekers te verwelkom. 

FOTO:
Raadsheer Chris Macpherson
Uitvoerende burgemeester: Groter Oudtshoorn