Ons gedeelde ervarings, gevorm deur honderde jare se geskiedenis, tradisies en gebruike, word soos goeie wyn gedistilleer om ’n perfekte kulturele versnit voort te bring wat deur die Klein Karoo Nasionale Kunstefees ten toon gestel word.
Die KKNK is ’n gunstelinggeleentheid in die Wes-Kaap se besige sosiale kalender wat opwindende lewe en kultuur na die Klein Karoo en sy omgewing bring. So belangrik as wat dit vir die Wes-Kaap se kulturele landskap is, net so is dit uiters belangrik vir ons provinsie se ekonomiese groei. Buiten dat dit help om werk te skep, bring dit hoop vir ons provinsie en kweek dit trots in ons kultuurgemeenskap.
Aan almal wat by hierdie fantastiese ekstravaganza betrokke is, wens ek alle sterkte toe. Aan diegene wat dit bywoon – julle kan daarna uitsien om bederf te word!
FOTO:
Alan Winde
Premier: Wes-Kaapse Regering