Van aktuele sake tot komedie – alles op een plek

In hierdie verkiesingsjaar vir Suid-Afrika (en trouens vir meer as 50 ander lande) wil Netwerk24 sin maak van kwessies en emosies wat die hede en toekoms bepaal – in Afrikaans en by ’n fees wat al vir 28 jaar lank grense verskuif.
Deel met ander

Netwerk24 is self tien jaar oud en ons vier dit met ’n reeks spesiale gesprekke waarin Mia Spies deurdringende vrae oor die verkiesing aan politici en rolspelers stel. Saam met Die Burger, Jody Hendricks en sy paneellede pluis ons soggens nog politiek en aktuele sake uit. Die Netwerk24-feeskafee is ook die plek vir die propvol Boekstories-program en saans kan jy jou sin vir humor kom kry by Stand-up met topkomediante en na hartelus jol by Laatnag. Daglank is ons kafee ’n voorkeurplek vir skoene uitskop en om ’n broodjie te breek of jou dors te les. Netwerk24 is nie verniet “Alles op een plek” nie. Sien jou daar!

FOTO:
Henriëtte Loubser
Hoofredakteur van Afrikaanse Nuus, Media24