Every Brilliant Thing

WITH Henu Baden SCRIPT Duncan Macmillan with Jonny Donahoe DIRECTOR Jeff Brooker PRODUCER Jeff Brooker Productions CO-PRODUCER Dean Goldblum

’n Jong seun maak ’n lys van al die mooi dinge in die wêreld om sy ma in haar stryd teen depressie en selfdood te help. Dit begin met eenvoudige plesiere soos roomys, watergevegte en wakkerbly ná slaaptyd om TV te kyk en later sluit dit meer eiesoortighede in soos oumense wat hande vashou. Soos hy ouer word, word die lys ook meer volwasse en word dit ’n aangrypende getuigskrif van hoe ’n positiewe ingesteldheid teëspoed te bowe kan kom.

 

Dié stuk is in 2023 vir ’n Fleur du Cap-teaterprys as beste nuwe regisseur benoem.

English with Afrikaans • PG, L • 70 min
R160 (vooraf) • R140 (Vriende van die KKNK) • R170 (by die deur)
28 Maart, 10:00
29 Maart, 13:30
30 Maart, 17:30
Bibsaal

Het jy al gekyk na:

’n Versameling van verskeie sketse waarin satiriese kommentaar gelewer word, in die tradisie van die gewilde en bekroonde Pay Back the Curry, Bafana Republic en ...
Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later, by die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word ...
Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan ...