Debuut

Patmos

’n KKNK-produksie, ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees. Moontlik gemaak deur NATi.

MET Tinarie van Wyk Loots, Marlo Minnaar, Eben Genis, René Cloete en Marelize Viljoen TEKS Willem Anker REGIE EN ONTWERP Jaco Bouwer POPPEMAKER Hansie Visagie POPPEREGISSEUR EN RAADGEWER Roshina Ratnam MUSIEK Pierre-Henri Wicomb VERHOOGBESTUURDER Nell van der Merwe VERVAARDIGER KKNK

Die veelsydige skrywer en dramaturg Willem Anker keer ná tien jaar terug na die verhoog. ’n Klein dorpie met ’n sterrewag op die heuwel duskant ’n sluimerende vulkaan word getref deur ’n meteoriet. ’n Klein krater tussen die spekbome in die tuin. Die klippie sing wanneer jy daarop hamer. ’n Astronoom doen navorsing oor gravitasiekolke. Haar jong seun het ophou praat. ’n Komponis wat ’n klankbaan vir ’n wetenskapsfiksie-fliek maak, hoor van die singende klip en kom loseer by hulle om die klanke van die landskap op te neem. Drie mense drywend in die kosmos probeer mekaar vind. Hoe maak jy musiek vir ’n ruimteskip? Wat gebeur wanneer jy oor daardie finale drempel van die gebeurtenishorison tree en in ’n gravitasiekolk ingly? Sedert Samsa-masjien het Anker se veelbekroonde romans Buys: ’n Grensroman en Skepsel verskyn.

‘n Gratis teatergesprek word op 27 Maart 15:00 met lede van die geselskap uit Patmos en Die vegetariër by die kykNET-leefarea (oorkant die Absa Burgersentrum) aangebied. 

Afrikaans • Geen o.13 • 80 min.
R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)
25 Maart, 13:00
27 Maart, 19:00
28 Maart, 10:00
29 Maart, 10:00
30 Maart, 15:00
SANW-ouditorium

Het jy al gekyk na:

’n Reeks idees, gedagtes en sketse uit die woelige kop van die multibekroonde komediant Yaaseen Barnes. In ’n tyd waarin ons elke oomblik van elke ...
’n Bietjie Engels, a little Afrikaans en sommer ’n hele klomp laughs! Enjoy a hilarious night out with a collection of South Africa’s top comedians ...
In ’n wêreld waar daar slegs twee is, en die dae een na die ander soos waaisandduine verander, beteken tyd niks. Die sand syfer deur ...