Debuut

’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie – toets

MET David Viviers en Wessel Pretorius TEKS, REGIE EN VERVAARDIGER Wessel Pretorius

’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ’n Mot met die hart van ’n vlinder probeer ’n verhouding aankoop met ’n kersvlammetjie gedurende die onsekere dae van beurtkrag. ’n Depressiewe spinnekop betree die wêreld van mededingende klopdans in ’n poging tot selfaanvaarding. In hierdie opvolg tot die gewilde Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie, wat in 2017 vir verskeie Kannas benoem is, keer David Viviers en Wessel Pretorius terug met drie nuwe verhale oor drie onwaarskynlike helde. Dit is ook Viviers se terugkeer na die verhoog ná twee jaar op die gewilde kykNET-sepie Binnelanders.

Afrikaans • Geen o.13 T • 80 min.
R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R175 (by die deur)
23 Maart, 19:30
24 Maart, 09:30
25 Maart, 13:00
26 Maart, 13:30
Van Reedesaal

Het jy al gekyk na:

Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...
Die veelbekroonde komediant Kagiso KG Mokgadi is vir die eerste keer by die KKNK te sien en hierdie optrede beloof om een te wees wat ...
Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multidissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin. ...