Debuut

Die begrafnisrede

MET Wynand van Vollenstee TEKS Wynand van Vollenstee REGIE Wynand van Vollenstee en Willie Esterhuizen VERHOOGBESTUURDER Martin Breedt VERVAARDIGER That’s Freakin Nice Productions

Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – blomme, spyseniering, vervoer, uitrustings – die enigste groot verskil is jy kan nie kies om dit nié by te woon nie. Gelukkig kom Gabriel van Gabriel en Seun Sakpas Begrafnisdienste tot jou redding wanneer jy hulle die nodigste het. Hul welbekende begrafnisonderneming se slagspreuk sê dit alles: “Ons is hier vir jou wanneer jy nie meer is nie.” Hierdie unieke begrafnisonderneming bied alle dienste onder een dak – van traumaberading tot hul gewilde vyfster-begrafnisbroodjiebuffet. Die heel duurste pakket sluit tot tien professionele rouklaers in om die gepaste, intense atmosfeer te skep. Kom lag saam vir die skreeusnaakse karakters wat ons al almal by dié byeenkomste gewaar het en ervaar die ligte kant van die laaste paragraaf van ons lewensboek.

Afrikaans • Geen o.13 T • 70 min.
R190 (vooraf) • R170 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
23 Maart, 13:30
24 Maart, 13:30
25 Maart, 19:30
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

’n Klein dorpie met ’n sterrewag op die heuwel duskant ’n sluimerende vulkaan word getref deur ’n meteoriet. ’n Klein krater tussen die spekbome in ...
Woon die eksklusiewe bekendstellingsgeleentheid van kykNET se splinternuwe dramareeks Plan B, met Hollywood-akteur Arnold Vosloo as een van die vele bekendes in die reeks, by. ...
Mevrou van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar dogter bly in haar townhouse, gratis en verniet. Maar net sy mag daar bly en moet natuurlik ...