Conrad Koch: Despicable HeHe – Die pop sal dans

MET Conrad Koch

’n Wipwaentjierit met poppe en komedie wat soms gevaarlik snaaks is wat jou gaan laat brul van die lag. Conrad Koch, Suid-Afrika se internasionaal bekende buikspreker, en Chester Missing, die einste uitgesproke pop wat jy al op televisie gesien het, gaan gehore vir ’n uur vermaak. Ou gunstelinge soos die hoërskoolonderwyser mnr. Dixon en die partytjie-volstruis Hilton maak ’n verskyning, saam met Gunter, die Duitse toergidsmuskiet, en die wêreld se gevaarlikste pop, Vampier Vladimir Putin. Jy gaan kraai van die lag wanneer ons jou beste vriend op die verhoog in ’n pratende hoender verander. Met die video’s op TikTok wat meer as ’n 100 miljoen keer gekyk is, is hierdie ’n vertoning wat jy nie kan misloop nie. “Frenzied hilarity” – The List (VK). “Brings the roof down” – The Independent (VK). “Hilarious” – Mail & Guardian. “Ventriloquism at its very best” – The Star.

English with Afrikaans • No u.13 L • 60 min
R100 (vooraf) • R80 (Vriende van die KKNK) • R120 (by die deur)
23 Maart, 12:30
24 Maart, 12:30
25 Maart, 15:30
26 Maart, 18:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Marvin keer terug na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy vir een dag ’n tydjie saam met sy ou race walking coach, Uncle Smithie, kan spandeer. ...
Bloedbande delf diep in die moederhuishoudings en susterskap in die kultuur van Nama-mense. Dit is ’n roerende, vervlegte verhaal van die onvertelde werklikhede in die ...
Dewie de Jager is ’n doodgewone ou. Hy is nie die tipe ou teen wie mammas hulle matriekdogters waarsku nie. Hy is die ou wat ...