Debuut

Ken jy vir Dewie?

’n KKNK, Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop ko-produksie

MET Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson TEKS Ilne Fourie REGIE Margit Meyer-Rödenbeck VERVAARDIGERS Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie

Dewie de Jager is ’n doodgewone ou. Hy is nie die tipe ou teen wie mammas hulle matriekdogters waarsku nie. Hy is die ou wat skaam smile en dan wegkyk, want dit is embarrassing vir julle altwee, want wat is sy naam nou weer? Deon? Dewald? Donald? Whatever! Maar iewers tussen alles deur hunker die mens na een ding: aanvaarding. Om te belong. Om ’n legend te wees waaroor almal gaan praat. Om te wees. Oral. Teen die klaskamermure. Op die voorblaaie. Op Google search. Om die saviour te wees van elke loser wat elke pouse moet keer vir sy wickets, sy kosblik, sy kniekoppe, sy bril, sy ma se toebroodjies en sy snoepiegeld. Die teks is oorspronklik as leesteater voorgelê by die KKNK se Teksmark in 2023.

“Al + een = alleen. . . Daai is die most brutal wiskundesom. En jy het nie wiskunde G nodig om te weet jy is f*cked nie. . .

Afrikaans • Geen o.14 T, G • 75 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
23 Maart, 12:00
23 Maart, 16:00
24 Maart, 12:00
24 Maart, 16:00
25 Maart, 12:00
25 Maart, 16:00
26 Maart, 12:00
26 Maart, 16:00
27 Maart, 12:00
27 Maart, 16:00
Wesbank-skoolsaal

Het jy al gekyk na:

Maryna is ’n bedrewe Facebook Marketplace-verkoper, bekroonde honde-afrigter en nou ook die onwaarskynlike oppasser van Monika, wat binnekort die tydelike met die ewige gaan verwissel. ...
’n Versameling van verskeie sketse waarin satiriese kommentaar gelewer word, in die tradisie van die gewilde en bekroonde Pay Back the Curry, Bafana Republic en ...
’n Bietjie Engels, a little Afrikaans en sommer ’n hele klomp laughs! Enjoy a hilarious night out with a collection of South Africa’s top comedians ...