Debuut

Ken jy vir Dewie?

’n KKNK, Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop ko-produksie

MET Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson TEKS Ilne Fourie REGIE Margit Meyer-Rödenbeck VERVAARDIGERS Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie

Dewie de Jager is ’n doodgewone ou. Hy is nie die tipe ou teen wie mammas hulle matriekdogters waarsku nie. Hy is die ou wat skaam smile en dan wegkyk, want dit is embarrassing vir julle altwee, want wat is sy naam nou weer? Deon? Dewald? Donald? Whatever! Maar iewers tussen alles deur hunker die mens na een ding: aanvaarding. Om te belong. Om ’n legend te wees waaroor almal gaan praat. Om te wees. Oral. Teen die klaskamermure. Op die voorblaaie. Op Google search. Om die saviour te wees van elke loser wat elke pouse moet keer vir sy wickets, sy kosblik, sy kniekoppe, sy bril, sy ma se toebroodjies en sy snoepiegeld. Die teks is oorspronklik as leesteater voorgelê by die KKNK se Teksmark in 2023.

“Al + een = alleen. . . Daai is die most brutal wiskundesom. En jy het nie wiskunde G nodig om te weet jy is f*cked nie. . .

Afrikaans • Geen o.14 T, G • 75 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
23 Maart, 12:00
23 Maart, 16:00
24 Maart, 12:00
24 Maart, 16:00
25 Maart, 12:00
25 Maart, 16:00
26 Maart, 12:00
26 Maart, 16:00
27 Maart, 12:00
27 Maart, 16:00
Wesbank-skoolsaal

Het jy al gekyk na:

’n Reeks idees, gedagtes en sketse uit die woelige kop van die multibekroonde komediant Yaaseen Barnes. In ’n tyd waarin ons elke oomblik van elke ...
Kom kyk hoe die radio-Hans lewe kry in hierdie gedramatiseerde voorlesing van Hans gee Herklaas horings. ...
’n Klein dorpie met ’n sterrewag op die heuwel duskant ’n sluimerende vulkaan word getref deur ’n meteoriet. ’n Klein krater tussen die spekbome in ...