My Fellow South Africans

Ontwikkel met die ondersteuning van die Kunstekaap en die Universiteit van Johannesburg

MET Kim Blanché Adonis TEKS EN REGIE Mike van Graan VERVAARDIGER MVG Productions

’n Versameling van verskeie sketse waarin satiriese kommentaar gelewer word, in die tradisie van die gewilde en bekroonde Pay Back the Curry, Bafana Republic en State Fracture. ’n Solovertoning met komedie, sang, digkuns, fisieke teater en karaktersketse wat skerp, kritiese kommentaar op hedendaagse Suid-Afrikaanse temas lewer. My Fellow South Africans is reeds meer as 100 keer in formele teaters opgevoer, maar ook by skole, in korporatiewe raadsale, hotelkonferensiesale, by aftreeoorde en selfs in mense se huise.

Bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie in ’n solovertoning by die Toyota US Woordfees in 2023

Engels • Geen o.16 T • 65 min.
R150 (vooraf) • R135 (Vriende van die KKNK) • R165 (by die deur)
29 Maart, 19:00
30 Maart, 10:00
31 Maart, 13:30
ATKV-Griesselsaal

Het jy al gekyk na:

Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning ...
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...