Dik Deurmekaar

MET Mel die Storieverteller TEKS EN VERVAARDIGER Melanie du Toit MUSIEK Wesley West OPERASIONELE BESTUURDER Ronald Welgemoed

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak-komediante van 2023. Van internetsensasie tot verhoogsensasie verras sy gehore en laat hulle lê van die lag. Dik deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die grense tussen stand-up en ’n verhalende eenvrouvertoning laat vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeit ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ’n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese mening oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasies. Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ’n sagte hou, verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae.

Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.
R130 (vooraf) • R110 (Vriende van die KKNK) • R150 (by die deur)
23 Maart, 17:00
24 Maart, 15:30
25 Maart, 17:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Die veelbekroonde komediant Kagiso KG Mokgadi is vir die eerste keer by die KKNK te sien en hierdie optrede beloof om een te wees wat ...
Dewie de Jager is ’n doodgewone ou. Hy is nie die tipe ou teen wie mammas hulle matriekdogters waarsku nie. Hy is die ou wat ...
’n Bietjie Engels, a little Afrikaans en sommer ’n hele klomp laughs! Enjoy a hilarious night out with a collection of South Africa’s top comedians ...