MET Ambrose Uren
Die Suid-Afrikaanse komediant Ambrose Uren deel sy unieke en omstrede storie in hierdie komedievertoning, vol onverwagse en lawwe kinkels. Hy vertel van sy bestuurslisensie wat hy ses keer gedop het tot sy lewe vandag in ’n karavaan, wat hy sy huis noem. Hy stuur deur sy pyn met humor en rou eerlikheid. Kom geniet die skreeusnaakse wyse waarop dié bekoorlike komediant sy eie Afrika-identiteit uitdaag, met skerpsinnigheid en boeiende storievertelling.