Magda Louw

ʼn Ko-produksie tussen Innibos, die Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop

MET Desiré Gardner TEKS EN VERVAARDIGER Desiré Gardner REGIE Hannes van Wyk PRODUKSIEBESTUURDER Nelius Ferreira

Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers – en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy kwytraak met ’n mikrofoon in die hand? Wat is haar siening oor sosiale media, gewig, die plooie oor haar décolleté, reis en sommer rys ook? Sal sy die paar kilos kan afskud voor haar optrede, en belangrikste van alles, hoe de hel gaan sy al haar woorde onthou? Gebaseer op die gewilde kykNET-reeks Magda Louw, met die tweede seisoen wat in Januarie 2024 terugkeer.

Benoem vir beste akteur in ’n komedie by die kykNET Silwerskermfees in 2023

Afrikaans • Geen o.16 T • 60 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
23 Maart, 18:00
24 Maart, 10:00
25 Maart, 16:30
26 Maart, 10:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Die bekroonde komediante Lindy Johnson en Kate Pinchuck het nie minder Frizz of Pop nie, maar baie meer debietorders om jou van te vertel in ...
’n Reeks idees, gedagtes en sketse uit die woelige kop van die multibekroonde komediant Yaaseen Barnes. In ’n tyd waarin ons elke oomblik van elke ...
Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Hy is sestig jaar gelede oorlede in die jong ...