Debuut

Veelhoek

’n Ko-produksie tussen die KKNK, die Vrystaat Kunstefees, Momentum Beleggings Aardklop en Suidoosterfees, moontlik gemaak deur NATi.

MET Jana Cilliers en Ludwig Binge REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson TEKS Jana Cilliers PRODUKSIEBESTUURDER Anna Davel BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh VERVAARDIGER KKNK

Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Sestig jaar gelede sterf hy op die vroeë ouderdom van 24. Hy was gereken as hoogs belowend. Kort ná sy dood verskyn sy debuutbundel, Veelhoek. Cilliers se poging om self te begin skryf, neem haar na haar neef se “praatvers” “Skipbreukelinge” met die refrein “en waar ek my voet wil sit, is water”. Sy merkwaardige uitdrukking as jong skrywer ervaar sy as skreiend eerlik binne sy tydsgees. Ek is in dié veelhoek van kragte vermiddelpunt, spartel in die spinnekopnet, met klewerige sy gespan oor die water. Gilliland se rou en verrassend vars uitroep na die sin van die lewe staan teenoor Cilliers wat hunker na iets soortgelyks binne ’n teaterkonteks. Haar begrip van sterflikheid as ouerwordende aktrise ontvou binne haar gesprek met hom oor die mens se veelhoekige bestaan hier op aarde. Sy besin oor die versoening wat kan plaasvind in ’n bereidwilligheid om op te hou lewe. Met die intimiteit van teater en verby tyd speel neef en niggie se gesprek uit. Binne hul bloedlyn word ewewig bewerkstellig.

KLIK HIER om meer te lees op Netwerk24.

Afrikaans • Geen 0.13 OB • 60 min.
R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)
23 Maart, 10:00
24 Maart, 17:30
25 Maart, 20:00
26 Maart, 09:30
27 Maart, 17:00
29 Maart, 09:30
Van Reedesaal

Het jy al gekyk na:

So I Wrote That Musical, Marc Lottering se jonste stand-up-vertoning, het reeds in 2023 ’n baie suksesvolle en bekroonde nasionale toer gehad. ...
Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning ...
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...