Kate Pinchuck & Lindy Johnson: Frizz Pop – Krulkoppe

MET Lindy Johnson en Kate Pinchuck

Die bekroonde komediante Lindy Johnson en Kate Pinchuck het nie minder Frizz of Pop nie, maar baie meer debietorders om jou van te vertel in hierdie splinternuwe komedie-ervaring. Frizz Pop is nou 30 jaar oud en is ’n bruisende mengelmoes waarin kwessies rondom belasting, die reuk van Deep Heat en die prys van kruideniersware op ’n skreeusnaakse manier getakel word. En hulle maak weer so in hul jongste vertoning (wat hulle nog nie geskryf het nie, maar hulle het baie vertroue in hulself).

English with Afrikaans • No u.13 L • 60 min
R100 (vooraf) • R80 (Vriende van die KKNK) • R120 (by die deur)
27 Maart, 15:30
28 Maart, 18:30
29 Maart, 15:30
30 Maart, 18:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan ...
Sluit aan by die ervare ondersoekende joernalis Marianne Thamm, adjunkredakteur van die Daily Maverick, vir ’n skreeusnaakse kaalvuisgesprek oor ons Suid-Afrikaanse demokrasie met al sy ...
Die Suid-Afrikaanse komediant Ambrose Uren deel sy unieke en omstrede storie in hierdie komedievertoning, vol onverwagse en lawwe kinkels. Hy vertel van sy bestuurslisensie wat ...