Debuut

Die stoele

’n KKNK-produksie, ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees en Momentum Beleggings Aardklop. Moontlik gemaak deur NATi

MET Antoinette Kellermann, Chris van Niekerk en Lindokuhle Melaphi REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson TEKS Eugène Ionesco VERTALING Nerina Ferreira VERHOOGBESTUURDER EN BELIGTINGSONTWERP Nicolaas de Jongh ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Jean de Plessis VERVAARDIGER KKNK

Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle lae van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland. Om almal te akkommodeer, verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie. En hy het iemand gekry om namens hom te praat.

‘n Gratis teatergesprek oor Die stoele word op Donderdag 28 Maart om 15:30 by die kykNET-leefarea (voor die Absa Burgersentrum) met lede van die geselskap aangebied. 

Afrikaans • Geen o.10 OB • 120 min.
R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)
27 Maart, 10:00
28 Maart, 19:00
29 Maart, 14:30
30 Maart, 19:00
31 Maart, 10:00
SANW-ouditorium

Het jy al gekyk na:

Hulle was net nog ’n getroude paartjie tot sy op ’n dag ophou vleis eet. . . Só begin ’n reeks gebeure van toenemende fisieke ...
Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die ...
’n Wipwaentjierit met poppe en komedie wat soms gevaarlik snaaks is wat jou gaan laat brul van die lag. Conrad Koch, Suid-Afrika se internasionaal bekende ...