Debuut

Monika, It’s Me

MET Klara van Wyk REGIE Jenine Collocott TEKS Klara van Wyk en Jenine Collocott KOSTUUMONTWERP Lieze van Tonder VERVAARDIGER Klara van Wyk

Maryna is ’n  bedrewe Facebook Marketplace-verkoper, bekroonde honde-afrigter en nou ook die onwaarskynlike oppasser van Monika, wat binnekort die tydelike met die ewige gaan verwissel. Monika, ’n statige, voorstedelike huisvrou, is deur haar gesin agtergelaat (nou expats in Nieu-Seeland) en dit is net te ver vir hulle om terug te keer om die huis op te pak. Hierdie solovertoning bied ’n komiese blik op die werklikhede van oudword, alleenwees en The Gentle Art of Swedish Death Cleaning.

Afrikaans en Engels • Geen o.13 T • 50 min.
R140 (vooraf) • R125 (Vriende van die KKNK) • R155 (by die deur)
23 Maart, 17:30
24 Maart, 10:00
25 Maart, 13:30
26 Maart, 17:30
Bibsaal

Het jy al gekyk na:

’n Wipwaentjierit met poppe en komedie wat soms gevaarlik snaaks is wat jou gaan laat brul van die lag. Conrad Koch, Suid-Afrika se internasionaal bekende ...
’n Jong seun maak ’n lys van al die mooi dinge in die wêreld om sy ma in haar stryd teen depressie en selfdood te ...
’n Bietjie Engels, a little Afrikaans en sommer ’n hele klomp laughs! Enjoy a hilarious night out with a collection of South Africa’s top comedians ...