Debuut

Die Van Vuurens vat vlam

MET Lizz Meiring, Cara Meiring en David Kuduntwane TEKS Lizz Meiring REGIE André Odendaal KOSTUUMS Hollywood Costumes BELIGTINGSONTWERP Jak J. Brits FUNGI Waldo du Toit CHOREOGRAFIE Wesley Lauder KOMIESE MIMIEKSEKWENS Craig Morris AKROBATIESE HULP Ceylonia Bekker VERHOOGBESTUUR Yvette Hanekom VERVAARDIGER Artist Warehouse

Sterna van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar broerskind, die jong wetenskapstudent Bernadette van Vuuren, bly intussen in haar townhouse, gratis en verniet. Maar sy moet natuurlik die plek versorg en netjies hou. Die tante-en-niggie-verhouding is maar plofbaar. Daar is ’n kinkel in die kabel, of is dit nou ’n fungi in ’n bottel. . .? Want nou bly haar komiese mimiekkunstenaar-boyfriend, Flippie van Vuuren, ook daar. Hy is deur ’n wit Afrikaanse gesin grootgemaak. Wanneer hy wel praat, praat hy woordeboek-Afrikaans en was ook in ’n Afrikaanse skool gewees. Sy van is heel toevallig ook Van Vuuren, alhoewel die gesin by wie hy grootgeword het geen familiebande met die eiewyse Sterna van Vuuren of Bernadette het nie. Dankie tog, want volgens oorlewering het Sterna en Bernadette se tak van die Van Vuurens ’n baie rare familiekwaal. Een wat bykans ongelooflik is en waarvoor daar geen verklaring is nie. En tog gebeur dit wêreldwyd. Soms. Sterna van Vuuren daag onverwags op. ’n Jaar voor sy moes terugkom. Sy moes glo vlug as gevolg van. . . kom ons los dit maar eers daar. . . Intussen het Bernadette en Flippie haar townhouse in ’n eienaardige ruimte verander. Want dié twee het rare toekomsdrome. Dié rare donkerkomedie is ’n vrolike en dikwels laserskerp verhaal van verskillende generasies se standpunte, foute en ambisies. Dis slimsnaaks, oorspronklik en “verassend”. Bowenal: Gaan die Van Vuurens se vreemde familiekwaal die vuur aanblaas?

Afrikaans • Geen o.13 • 60 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
25 Maart, 10:00
26 Maart, 16:30
27 Maart, 19:30
28 Maart, 16:30
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Hy is sestig jaar gelede oorlede in die jong ...
Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multidissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin. ...
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...