Reünie

’n Innibos-produksie, ondersteun deur NATi

MET Frank Opperman TEKS Dana Snyman REGIE EN BELIGTINGSONTWERP De Klerk Oelofse PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Afrikaans • Geen o.10 T • 70 min.
R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)
23 Maart, 10:00
24 Maart, 16:30
25 Maart, 13:00
26 Maart, 13:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Lui die trouklokke of beier dit? Koek en Tert staan op die vooraand van die groot dag, elk in ’n spierwit rok. Dit is skoonma’s, ...
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...
Hulle was net nog ’n getroude paartjie tot sy op ’n dag ophou vleis eet. . . Só begin ’n reeks gebeure van toenemende fisieke ...