Trou Koek/Tert

MET Margo Kotze en Elmé Oosthuizen TEKS EN VERVAARDIGERS Margo Kotze en Kristin Pienaar REGIE EN STELONTWERP Kristin Pienaar BELIGTINGSONTWERP Stefan Benade

Lui die trouklokke of beier dit? Koek en Tert staan op die vooraand van die groot dag, elk in ’n spierwit rok. Dit is skoonma’s, kitchen teas, pampoenkoekies, blommerangskikkings en voorhuwelikse berading. Die lysies is nou afgemerk en die lewenspad is gekarteer. Is dit normaal om so warm te kry op ’n koel lenteaand? Daar is ’n klop aan die deur. Dis Adriaan. Twee trourokke, een bruidegom, maar net een bruid stap môre by die paadjie af. Trou Koek/Tert is ’n skerpsinnige verkenning van sosiale waardes rondom liefdesverhoudinge, die huwelik en verwagtinge.

Afrikaans • Geen o.13 T • 50 min.
R140 (vooraf) • R125 (Vriende van die KKNK) • R155 (by die deur)
27 Maart, 17:30
28 Maart, 13:30
29 Maart, 17:30
30 Maart, 12:30
Bibsaal

Het jy al gekyk na:

Stuart Taylor keer terug met sy kenmerkende kombinasie van skreeusnaakse stories en spitsvondige trefreëls in Laughable. Alles in sy lewe loop deur: Van sy wederhelfte ...
Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder ...
Sandra Prinsloo skitter in die rol van die operadiva Maria Callas tydens haar swanesang in die jare sewentig, die slotbedryf van haar lewe. ...