Stuart Taylor: Laughable

MET Stuart Taylor

Stuart Taylor keer terug met sy kenmerkende kombinasie van skreeusnaakse stories en spitsvondige trefreëls in Laughable. Alles in sy lewe loop deur: Van sy wederhelfte tot sy kinders, van sy pogings om fiks te bly in sy veertigs tot om te probeer tred hou met die Jones’e (of die Jabulani’s of die Jaffers) in die voorstede. Jy gaan alles lagwekkend vind. Want in ’n wêreld vol verkeersknope, slaggate en beurtkrag is ons steeds daartoe in staat om te lag, want jy kan nie bekostig om jou humorsin te verloor nie. En Stuart staan gereed om die lagspiere by die KKNK in 2024 te kielie.

English with Afrikaans • No u.13 L • 60 min
R100 (vooraf) • R80 (Vriende van die KKNK) • R120 (by die deur)
23 Maart, 15:30
24 Maart, 20:00
25 Maart, 18:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

So I Wrote That Musical, Marc Lottering se jonste stand-up-vertoning, het reeds in 2023 ’n baie suksesvolle en bekroonde nasionale toer gehad. ...
Lui die trouklokke of beier dit? Koek en Tert staan op die vooraand van die groot dag, elk in ’n spierwit rok. Dit is skoonma’s, ...
’n Reeks idees, gedagtes en sketse uit die woelige kop van die multibekroonde komediant Yaaseen Barnes. In ’n tyd waarin ons elke oomblik van elke ...