Marc Lottering: So I Wrote That Musical

MET Marc Lottering

So I Wrote That Musical, Marc Lottering se jongste stand-up-vertoning, het reeds in 2023 ’n baie suksesvolle en bekroonde nasionale toer gehad. Benewens die feit dat hy een van Suid-Afrika se topkomediante is, het hy ook reeds drie treffer-musiekblyspele geskryf, wat vir die rolverdeling betrokke tot verskeie benoemings vir teaterpryse gelei het, met Marc wat uiteindelik ’n Naledi-prys as beste akteur gewen het. In hierdie stand-up-vertoning besin hy oor die prosesse om tussen die wêrelde van stand-up en musiekblyspele te beweeg. En soos te wagte is, sal hy sy verregaande menings oor die waansin van die lewe in Suid-Afrika vandag op ‘n komiese en skerp manier daarby inwerk.

Engels met Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.
R160 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)
29 Maart, 19:00
30 Maart, 19:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning ...
’n Bietjie Engels, a little Afrikaans en sommer ’n hele klomp laughs! Enjoy a hilarious night out with a collection of South Africa’s top comedians ...
Carl het ’n graad in konstruksiebestuur, maar hy woon steeds in die “blink hokke” van Rose Valley. Hy ly aan depressie en dink gereeld na ...