Marc Lottering: So I Wrote That Musical

MET Marc Lottering

So I Wrote That Musical, Marc Lottering se jongste stand-up-vertoning, het reeds in 2023 ’n baie suksesvolle en bekroonde nasionale toer gehad. Benewens die feit dat hy een van Suid-Afrika se topkomediante is, het hy ook reeds drie treffer-musiekblyspele geskryf, wat vir die rolverdeling betrokke tot verskeie benoemings vir teaterpryse gelei het, met Marc wat uiteindelik ’n Naledi-prys as beste akteur gewen het. In hierdie stand-up-vertoning besin hy oor die prosesse om tussen die wêrelde van stand-up en musiekblyspele te beweeg. En soos te wagte is, sal hy sy verregaande menings oor die waansin van die lewe in Suid-Afrika vandag op ‘n komiese en skerp manier daarby inwerk.

Engels met Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.
R160 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)
29 Maart, 19:00
30 Maart, 19:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen ...
Hulle was net nog ’n getroude paartjie tot sy op ’n dag ophou vleis eet. . . Só begin ’n reeks gebeure van toenemende fisieke ...
’n Versameling van verskeie sketse waarin satiriese kommentaar gelewer word, in die tradisie van die gewilde en bekroonde Pay Back the Curry, Bafana Republic en ...