Monsters

’n Toyota US Woordfees-produksie

MET Michele Burgers, Elton Landrew, Ntlanhla Kutu en René Cloete TEKS Niklas Rådström VERTALING Tinarie van Wyk Loots REGIE, VERVAARDIGER EN VERWERKING Tinarie van Wyk Loots BELIGTINGSONTWERP Jaco Bouwer MUSIEK Pierre-Henri Wicomb VERHOOGBESTUURDER Llandi Beeslaar

Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning begin, trek die akteurs lootjies om te bepaal wie watter rol lees. Dié rolle word om die beurt in ’n voorlesingstyl vertolk, met tekste wat aan die begin van elke toneel onder van die spelers uitgeruil word. Vrywillige gehoorlede word ook betrek om ’n stuk teks op die verhoog voor te lees. Michele Burgers (Die Manakwalanners en Vallei van sluiers) keer vir die eerste keer in jare terug na die verhoog.

Lees meer op Netwerk24: Michele Burgers na 35 jaar terug op die planke in ‘Monsters’

Afrikaans, Engels en Xhosa • Geen o.13 OB, G • 75 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
27 Maart, 10:00
28 Maart, 18:00
29 Maart, 13:30
30 Maart, 18:00
ATKV-Griesselsaal

Het jy al gekyk na:

Byster is bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie by die Toyota US Woordfees se Fringe in 2023 en vertel die storie van ’n oningeligte, ...
Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak-komediante van 2023. Van internetsensasie tot verhoogsensasie verras sy gehore en laat hulle lê van die ...
Vleis/Meat gee jou al die post-pandemic vibes. Dis Amorè met haar TikTok lives en haar “get ready with me story times”. Sy is meer woke, ...