MET Michele Burgers, Elton Landrew, Ntlanhla Kutu en René Cloete TEKS Niklas Rådström VERTALING Tinarie van Wyk Loots REGIE, VERVAARDIGER EN VERWERKING Tinarie van Wyk Loots BELIGTINGSONTWERP Jaco Bouwer MUSIEK Pierre-Henri Wicomb VERHOOGBESTUURDER Llandi Beeslaar
Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning begin, trek die akteurs lootjies om te bepaal wie watter rol lees. Dié rolle word om die beurt in ’n voorlesingstyl vertolk, met tekste wat aan die begin van elke toneel onder van die spelers uitgeruil word. Vrywillige gehoorlede word ook betrek om ’n stuk teks op die verhoog voor te lees. Michele Burgers (Die Manakwalanners en Vallei van sluiers) keer vir die eerste keer in jare terug na die verhoog.
Lees meer op Netwerk24: Michele Burgers na 35 jaar terug op die planke in ‘Monsters’