Rooilug

MET Jefferson J. Dirks-Korkee TEKS, REGIE EN MUSIEKREGIE Jefferson J. Dirks-Korkee PRODUKSIEBESTUURDER Karabelo Plaatjie VERHOOGBESTUURDER Nathaniel Mabote VERVAARDIGERS Opening Act NPC en Flipping the Scripts

Rooilug is ’n solovertoning wat sosiale kwessies takel en stories vertel van die uitwerking van huishoudelike geweld, die patriargie, die verkragtingskrisis en diskriminasie op gesinne binne kleiner gemeenskappe in Suid-Afrika. Met ’n kinderstem aan die woord en talle karakters wat vertolk word, is dit soms komies, soms hartseer. Jefferson J. Dirks-Korkee is in 2019 benoem vir ’n kykNET-Fiësta vir Rooilug, asook ’n Woordtrofee van die Toyota US Woordfees vir beste produksie en beste akteur.

Afrikaans • Geen o.13 OB, T • 60 min.
R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R175 (by die deur)
23 Maart, 18:00
24 Maart, 13:30
25 Maart, 10:00
ATKV-Griesselsaal

Het jy al gekyk na:

Die Suid-Afrikaanse komediant Ambrose Uren deel sy unieke en omstrede storie in hierdie komedievertoning, vol onverwagse en lawwe kinkels. Hy vertel van sy bestuurslisensie wat ...
Dewie de Jager is ’n doodgewone ou. Hy is nie die tipe ou teen wie mammas hulle matriekdogters waarsku nie. Hy is die ou wat ...
Kom kyk hoe die radio-Hans lewe kry in hierdie gedramatiseerde voorlesing van Hans gee Herklaas horings. ...