Rooilug

MET Jefferson J. Dirks-Korkee TEKS, REGIE EN MUSIEKREGIE Jefferson J. Dirks-Korkee PRODUKSIEBESTUURDER Karabelo Plaatjie VERHOOGBESTUURDER Nathaniel Mabote VERVAARDIGERS Opening Act NPC en Flipping the Scripts

Rooilug is ’n solovertoning wat sosiale kwessies takel en stories vertel van die uitwerking van huishoudelike geweld, die patriargie, die verkragtingskrisis en diskriminasie op gesinne binne kleiner gemeenskappe in Suid-Afrika. Met ’n kinderstem aan die woord en talle karakters wat vertolk word, is dit soms komies, soms hartseer. Jefferson J. Dirks-Korkee is in 2019 benoem vir ’n kykNET-Fiësta vir Rooilug, asook ’n Woordtrofee van die Toyota US Woordfees vir beste produksie en beste akteur.

Afrikaans • Geen o.13 OB, T • 60 min.
R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R175 (by die deur)
23 Maart, 18:00
24 Maart, 13:30
25 Maart, 10:00
ATKV-Griesselsaal

Het jy al gekyk na:

’n Klein dorpie met ’n sterrewag op die heuwel duskant ’n sluimerende vulkaan word getref deur ’n meteoriet. ’n Klein krater tussen die spekbome in ...
Lui die trouklokke of beier dit? Koek en Tert staan op die vooraand van die groot dag, elk in ’n spierwit rok. Dit is skoonma’s, ...
’n Bietjie Engels, a little Afrikaans en sommer ’n hele klomp laughs! Enjoy a hilarious night out with a collection of South Africa’s top comedians ...