Hans gee Herklaas horings

’n Innibos-produksie

MET Tobie Cronjé en Ignatius van Heerden REGIE Tobie Cronjé TEKS Rudie van Rensburg BELIGTINGSONTWERP, TEGNIESE VERSORGING EN KOSTUUMONTWERP Hollywood Costumes KLANKBAAN Wesley West VERVAARDIGER Leftfoot Theatre Productions 

RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Tobie was ook te sien in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Teatergehore kry nou die geleentheid om Tobie in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herklaas horings. Ignatius van Heerden voorsien die radiobyklanke en beloof om gehore te laat skaterlag.

Afrikaans • Gesin • 85 min.
R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)
27 Maart, 17:00
28 Maart, 13:00
29 Maart, 16:30
30 Maart, 13:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

In ’n wêreld waar daar slegs twee is, en die dae een na die ander soos waaisandduine verander, beteken tyd niks. Die sand syfer deur ...
See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen ...
Woon die eksklusiewe bekendstellingsgeleentheid van kykNET se splinternuwe dramareeks Plan B, met Hollywood-akteur Arnold Vosloo as een van die vele bekendes in die reeks, by. ...