Plan B

MET Arnold Vosloo, Armand Aucamp, Tim Theron, Amalia Uys, Sobantu Nqayi, Wanda Banda, Rolanda Marais, Anrich Herbst, Dorette Potgieter en André Jacobs TEKS Tertius Kapp REGIE Jozua Malherbe

Woon die eksklusiewe bekendstellingsgeleentheid van kykNET se splinternuwe dramareeks Plan B, met Hollywood-akteur Arnold Vosloo as een van die vele bekendes in die reeks, by. Dié reeks, wat op die meestermisdaadskrywer Deon Meyer se karakters gegrond is, speel af in die wêreld van kunsdiefstal en swendelaars – mans wat weerlose vroue op soek na liefde met slinkse planne uitbuit. Plan B se draaiboek is geskryf deur die Hertzog-pryswenner Tertius Kapp.

Afrikaans • Geen o.16 G • 120 min.
R90 (vooraf) • R80 (Vriende van die KKNK) • R100 (by die deur)
26 Maart, 18:00
Absa Burgersentrum

Het jy al gekyk na:

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy ...
See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen ...
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...