Routrip

Ontwikkeling moontlik gemaak deur die Toyota US Woordfees en NATi

MET Elzabé Zietsman TEKS Johann Slabbert REGIE Maralin Vanrenen KLANKBAAN Coenie de Villiers VERVAARDIGER Drama Drama

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos. Routrip is gebaseer op ’n ware verhaal.

Benoem vir ’n Woordtrofee vir beste prestasie in ’n soloproduksie by die Toyota US Woordfees in 2023

Afrikaans • Geen o.13 OB, T • 90 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
23 Maart, 15:00
24 Maart, 13:00
25 Maart, 16:00
Van Reedesaal

Het jy al gekyk na:

Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder ...
’n Wipwaentjierit met poppe en komedie wat soms gevaarlik snaaks is wat jou gaan laat brul van die lag. Conrad Koch, Suid-Afrika se internasionaal bekende ...
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...