Goed wat wag om te gebeur

’n Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees ko-produksie, ondersteun deur NATi. Speelvak moontlik gemaak deur KKNK.

MET Antoinette Kellermann, Gideon Lombard en Emma Kotze TEKS, REGIE EN STELONTWERP Philip Rademeyer OORSPRONKLIKE TITEL The Graveyard BELIGTINGSONTWERP Andi Colombo VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Amber Fox-Martin VERVAARDIGERS Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees

Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder – waar hy sy kinderdae deurgebring het – te wag. Die kelder is leeg, maar die familie se geheime en geskiedenis hang in die lug, lê begrawe in die huis se fondamente. Hy speel met Lego, drink en wag. Drie figure sweef in en uit – sy verharde suster, sy tenger ma, sy lewenslustige meisie. Soos hy al dieper in die bottel kyk, herrys spoke van geweld, verwyte en verslawing. Hy wag vir iets om te gebeur. Of iemand om hom te vind. Bekroon as beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks by Momentum Beleggings Aardklop in 2023 en benoem vir drie Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023.

kykNET Fiësta vir Beste vroulike byspeler: Antoinette Kellermann

Afrikaans • Geen o.16 T, G • 80 min.
R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)
23 Maart, 18:00
24 Maart, 09:30
25 Maart, 13:30
27 Maart, 19:00
28 Maart, 09:30
NATi-Gimsaal

Het jy al gekyk na:

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later, by die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word ...
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...
Sluit aan by die ervare ondersoekende joernalis Marianne Thamm, adjunkredakteur van die Daily Maverick, vir ’n skreeusnaakse kaalvuisgesprek oor ons Suid-Afrikaanse demokrasie met al sy ...