See muur

’n Toyota US Woordfees-produksie

MET Conradie van Heerden TEKS Simon Stephens REGIE EN VERTALING Nico Scheepers VERHOOGBESTUURDER Louw de Beer VERVAARDIGER NovieGuide

See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen die pragtige dog ongenadige agtergrond van die see. Dié fyn, emosionele vertelling neem jou op ’n hartverskeurende reis met oomblikke van onverwagte humor. ’n Spookagtige en onvergeetlike ervaring. “See muur is ’n emosionele reis. Daar word besin oor smart, die rouproses, die bestaan al dan nie van God, oor vriendskap, liefde en ouerskap. Die stuk kan gelees word as ’n eerlike verkenning van menswees en tot watter uiterstes smart jou kan dryf.” – Netwerk24

Afrikaans • Gesin OB, T • 45 min.
R150 (vooraf) • R135 (Vriende van die KKNK) • R165 (by die deur)
27 Maart, 12:00
28 Maart, 17:30
29 Maart, 10:00
30 Maart, 15:00
Bibsaal

Het jy al gekyk na:

’n Jong seun maak ’n lys van al die mooi dinge in die wêreld om sy ma in haar stryd teen depressie en selfdood te ...
“Dit is nou kwart oor sewe en hier volg die nuus om sewe. . .” Alles verskuif, verander, rampe en peste tref ons. Eens was ...
Sandra Prinsloo skitter in die rol van die operadiva Maria Callas tydens haar swanesang in die jare sewentig, die slotbedryf van haar lewe. ...