Master Class

Oorspronklik aangebied in samewerking met Pieter Toerien Produksies

MET Sandra Prinsloo, Siphamandla Moyake, Alida Scheepers, Tylor Lamani, Elisabeth Manduell en José Dias TEKS Terrence McNally REGIE EN BELIGTINGSONTWERP Magdalene Minnaar MUSIEK Verskeie, onder leiding van José Dias STELONTWERP Maritha Visagie KOSTUUMONTWERP Rabia Davids VERVAARDIGER Kaapstad Opera

Sandra Prinsloo skitter in die rol van die operadiva Maria Callas tydens haar swanesang in die jare sewentig, die slotbedryf van haar lewe. Terrence McNally se Tony-bekroonde toneelstuk bevat musiek deur Giuseppe Verdi, Giacomo Puccini en Vincenzo Bellini en is in 2023 opgevoer om saam te val met die herdenking van Callas se geboorte 100 jaar gelede. Master Class is benoem vir drie Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023, waaronder beste produksie en Sandra Prinsloo is bekroon met die Woordtrofee vir beste vroulike speler.

Sandra Prinsloo is bekroon met die Woordtrofee vir beste vroulike speler by die Toyota US Woordfees in 2023

Master Class benoem vir drie Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023

Engels • Geen o.13 OB, T • 150 min. (pouse ingesluit)
R250 (vooraf) • R225 (Vriende van die KKNK) • R275 (by die deur)
23 Maart, 11:00
23 Maart, 15:00
24 Maart, 10:00
24 Maart, 14:00
SANW-ouditorium

Het jy al gekyk na:

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak-komediante van 2023. Van internetsensasie tot verhoogsensasie verras sy gehore en laat hulle lê van die ...
Woon die eksklusiewe bekendstellingsgeleentheid van kykNET se splinternuwe dramareeks Plan B, met Hollywood-akteur Arnold Vosloo as een van die vele bekendes in die reeks, by. ...
Dean John Smith, Suidooster se geliefde Wade, klim weer in die skoene van die skreeusnaakse Bettie, sy aweregse sosialemedia-persona. ...