Master Class

Oorspronklik aangebied in samewerking met Pieter Toerien Produksies

MET Sandra Prinsloo, Siphamandla Moyake, Alida Scheepers, Tylor Lamani, Elisabeth Manduell en José Dias TEKS Terrence McNally REGIE EN BELIGTINGSONTWERP Magdalene Minnaar MUSIEK Verskeie, onder leiding van José Dias STELONTWERP Maritha Visagie KOSTUUMONTWERP Rabia Davids VERVAARDIGER Kaapstad Opera

Sandra Prinsloo skitter in die rol van die operadiva Maria Callas tydens haar swanesang in die jare sewentig, die slotbedryf van haar lewe. Terrence McNally se Tony-bekroonde toneelstuk bevat musiek deur Giuseppe Verdi, Giacomo Puccini en Vincenzo Bellini en is in 2023 opgevoer om saam te val met die herdenking van Callas se geboorte 100 jaar gelede. Master Class is benoem vir drie Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023, waaronder beste produksie en Sandra Prinsloo is bekroon met die Woordtrofee vir beste vroulike speler.

Sandra Prinsloo is bekroon met die Woordtrofee vir beste vroulike speler by die Toyota US Woordfees in 2023

Master Class benoem vir drie Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023

Engels • Geen o.13 OB, T • 150 min. (pouse ingesluit)
R250 (vooraf) • R225 (Vriende van die KKNK) • R275 (by die deur)
23 Maart, 11:00
23 Maart, 15:00
24 Maart, 10:00
24 Maart, 14:00
SANW-ouditorium

Het jy al gekyk na:

See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen ...
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy ...
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...