Die Francois Toerien Show +

’n Toyota US Woordfees-produksie. Speelvak moontlik gemaak deur die KKNK.

MET Francois Toerien, Esther von Waltsleben, Lorraine Burger, Dean John Smith, Karli Heine, Hendrik Nieuwoudt en Kabous Meiring (gaskunstenaar) REGIE Juanita Swanepoel TEKS Francois Toerien MUSIEK Coenraad Rall STELONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Gaerin Hauptfleisch KOSTUUMONTWERP EN ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Stephanie Hough PRODUKSIEBESTUURDER Charl Faurie

“Dit is nou kwart oor sewe en hier volg die nuus om sewe. . .” Alles verskuif, verander, rampe en peste tref ons. Eens was daar krag, water, net vroue en mans. “Maar nie meer nie.” Semigrasie na die Wes-Kaap? Jy het ’n vierslaapkamerhuis gehad met ’n swembad en ’n huishulpkamer. Óók nie meer nie. Gereelde sameswerings, ekskuus, samesprekings en kommissies van ondersoek. Fase 8-beurtkrag: ’n Babelse verwarring in die donker. En te midde van alles moet jy nog jou bestuurderslisensie hernu. “Lekker man, lekker.” Dink jy dit is belaglik, lagwekkend, lag jy al? Wel jy gaan. Kliphard!

Afrikaans • Geen o.13 T • 75 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
27 Maart, 10:00
28 Maart, 19:30
29 Maart, 10:00
30 Maart, 10:00
31 Maart, 11:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Vleis/Meat gee jou al die post-pandemic vibes. Dis Amorè met haar TikTok lives en haar “get ready with me story times”. Sy is meer woke, ...
See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen ...
Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Hy is sestig jaar gelede oorlede in die jong ...