Die Francois Toerien Show +

’n Toyota US Woordfees-produksie. Speelvak moontlik gemaak deur die KKNK.

MET Francois Toerien, Esther von Waltsleben, Lorraine Burger, Dean John Smith, Karli Heine, Hendrik Nieuwoudt en Kabous Meiring (gaskunstenaar) REGIE Juanita Swanepoel TEKS Francois Toerien MUSIEK Coenraad Rall STELONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Gaerin Hauptfleisch KOSTUUMONTWERP EN ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Stephanie Hough PRODUKSIEBESTUURDER Charl Faurie

“Dit is nou kwart oor sewe en hier volg die nuus om sewe. . .” Alles verskuif, verander, rampe en peste tref ons. Eens was daar krag, water, net vroue en mans. “Maar nie meer nie.” Semigrasie na die Wes-Kaap? Jy het ’n vierslaapkamerhuis gehad met ’n swembad en ’n huishulpkamer. Óók nie meer nie. Gereelde sameswerings, ekskuus, samesprekings en kommissies van ondersoek. Fase 8-beurtkrag: ’n Babelse verwarring in die donker. En te midde van alles moet jy nog jou bestuurderslisensie hernu. “Lekker man, lekker.” Dink jy dit is belaglik, lagwekkend, lag jy al? Wel jy gaan. Kliphard!

Afrikaans • Geen o.13 T • 75 min.
R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)
27 Maart, 10:00
28 Maart, 19:30
29 Maart, 10:00
30 Maart, 10:00
31 Maart, 11:00
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Hulle was net nog ’n getroude paartjie tot sy op ’n dag ophou vleis eet. . . Só begin ’n reeks gebeure van toenemende fisieke ...
Maryna is ’n bedrewe Facebook Marketplace-verkoper, bekroonde honde-afrigter en nou ook die onwaarskynlike oppasser van Monika, wat binnekort die tydelike met die ewige gaan verwissel. ...
Vertrek op ’n skreeusnaakse, absurde treinreis saam met ’n knorrige ou man op sy soektog na bevryding van sy saai, melancholiese bestaan. Of raadpleeg dalk ...