Byster

MET Lara Hattingh REGIE, TEKS, MUSIEK, KOSTUUMONTWERP EN VERVAARDIGER Lara Hattingh TEGNIESE VERSORGING Wicus Louw

Byster is bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie by die Toyota US Woordfees se Fringe in 2023 en vertel die storie van ’n oningeligte, naïewe jong vrou wat sukkel om deur die diep waters van 2023 te kom. Sy’s regtig snaaks, maar waarskynlik ’n bietjie van ’n narsis. In ’n versameling oënskynlik lukrake stories vertel sy kaalvuis wat sy dink. Sy wonder wat dit beteken om ’n vrou te wees en of sy haarself regtig ’n Afrikaner kan noem. Sy weet dit nie, maar sy is besig om te hardloop. Maar of sy probeer wegkom van iets, is onduidelik.

Afrikaans • Geen o.13 OB • 75 min.
R140 (vooraf) • R125 (Vriende van die KKNK) • R155 (by die deur)
23 Maart, 10:00
24 Maart, 13:30
25 Maart, 17:30
26 Maart, 10:00
Bibsaal

Het jy al gekyk na:

Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning ...
Mevrou van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar dogter bly in haar townhouse, gratis en verniet. Maar net sy mag daar bly en moet natuurlik ...
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...