Die vegetariër

’n Toyota US Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi. Speelvak moontlik gemaak deur die KKNK.

MET Tinarie van Wyk Loots, Wilhelm van der Walt, Eben Genis en Melissa Myburgh REGIE, VERVAARDIGER, STELONTWERP EN TEGNIESE VERSORGING Jaco Bouwer OORSPRONKLIKE TEKS Han Kang VERWERKING EN VERTALING Willem Anker BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz KOSTUUMONTWERP Bridget Baker MUSIEK Pierre-Henri Wicomb

Hulle was net nog ’n getroude paartjie tot sy op ’n dag ophou vleis eet. . . Só begin ’n reeks gebeure van toenemende fisieke en psigiese verset. Haar man, swaer en suster is getuies van hierdie enigmatiese reis en haar groeiende fantasieë wat toenemend plantaardige vorme aanneem. ’n Verhoogverwerking van Han Kang se roman The Vegetarian, wenner van 2016 se Man Booker International-prys. Benoem vir ses Woordtrofees en bekroon as beste toneelstuk en vir beste tegniese prestasie by die Toyota US Woordfees in 2023.

‘n Gratis teatergesprek word op 27 Maart 15:00 met lede van die geselskap uit Patmos en Die vegetariër by die kykNET-leefarea (oorkant die Absa Burgersentrum) aangebied.

Woordtrofee vir beste toneelstuk by die Toyota US Woordfees in 2023

Woordtrofee vir beste tegniese prestasie by die Toyota US Woordfees in 2023

Afrikaans • Geen o.18 G, S, N • 100 min.
R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)
23 Maart, 12:30
24 Maart, 14:30
25 Maart, 18:00
26 Maart, 15:00
28 Maart, 14:00
NATi-Gimsaal

Het jy al gekyk na:

Ná die sukses van Karoo Kaarte se aangrypende teaterproduksies Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022) verlaat die teaterspan vanjaar die tradisionele teaterruimtes en ...
So I Wrote That Musical, Marc Lottering se jonste stand-up-vertoning, het reeds in 2023 ’n baie suksesvolle en bekroonde nasionale toer gehad. ...
’n Reeks idees, gedagtes en sketse uit die woelige kop van die multibekroonde komediant Yaaseen Barnes. In ’n tyd waarin ons elke oomblik van elke ...