Debuut

Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

’n Ko-produksie tussen die KKNK, Suidoosterfees, Momentum Beleggings Aardklop, Innibos en Vrystaat Kunstefees, ondersteun deur NATi

MET Sandra Prinsloo en David Viviers TEKS Henque Heymans REGIE Toni Morkel VERVAARDIGERS Leftfoot Theatre Productions en die KKNK

Die hiernamaals is toe baie minder deftig as wat ons gedink het – verbeel jouself ’n staatsdepartement uit die 1970’s. Dis waar Nora haarself nou bevind. Die enigste probleem is, sy’s nooit dood nie en niemand wil haar glo nie. Sy besluit tog om hierdie kans aan te gryp om haar oorlede man in die anderkant van die dood te gaan soek en hom – met die hulp van ’n sjarmante gids – terug te bring huis toe.

Afrikaans • Geen o.10 OB, D • 80 min.
R230 (vooraf) • R210 (Vriende van die KKNK) • R255 (by die deur)
26 Maart, 10:00
27 Maart, 14:30
28 Maart, 15:00
29 Maart, 19:00
30 Maart, 10:00
SANW-ouditorium

Het jy al gekyk na:

Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...
Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan ...
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...