Debuut

Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

’n Ko-produksie tussen die KKNK, Suidoosterfees, Momentum Beleggings Aardklop, Innibos en Vrystaat Kunstefees, ondersteun deur NATi

MET Sandra Prinsloo en David Viviers TEKS Henque Heymans REGIE Toni Morkel VERVAARDIGERS Leftfoot Theatre Productions en die KKNK

Die hiernamaals is toe baie minder deftig as wat ons gedink het – verbeel jouself ’n staatsdepartement uit die 1970’s. Dis waar Nora haarself nou bevind. Die enigste probleem is, sy’s nooit dood nie en niemand wil haar glo nie. Sy besluit tog om hierdie kans aan te gryp om haar oorlede man in die anderkant van die dood te gaan soek en hom – met die hulp van ’n sjarmante gids – terug te bring huis toe.

Afrikaans • Geen o.10 OB, D • 80 min.
R230 (vooraf) • R210 (Vriende van die KKNK) • R255 (by die deur)
26 Maart, 10:00
27 Maart, 14:30
28 Maart, 15:00
29 Maart, 19:00
30 Maart, 10:00
SANW-ouditorium

Het jy al gekyk na:

’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name. ...
Mevrou van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar dogter bly in haar townhouse, gratis en verniet. Maar net sy mag daar bly en moet natuurlik ...
Rooilug is ’n solovertoning wat sosiale kwessies takel en stories vertel van die uitwerking van huishoudelike geweld, die patriargie, die verkragtingskrisis en diskriminasie op gesinne ...