Die swartmerrie

’n KKNK-projek, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, die Wes-Kaapse regering en die Oudtshoorn-munisipaliteit

MET Theo Witbooi, Chantell Phillipus en Jermaine Bruintjies TEKS Neil Coppen en Tiffany Saterdaght REGIE Neil Coppen ASSISTENTREGIE Tiffany Saterdaght STEL- EN KOSTUUMONTWERP Zietske Saaiman KLANKONTWERP Tristan Horton REKWISIETE ONTWERP Melikhaya Blou STEL KONSTRUKSIE Baart Saaiman VERHOOGBESTUURDERS Melikhaya Blou en Jermaine Bruintjies PRODUKSIEBESTUURDER Tiffany Saterdaght  PROJEKBESTUURDER Shandré Harris MENTOR EN FASILITEERDER Neil Coppen  NAVORSING EN TEKS-ONDERSTEUNING Melikhaya Blou, Theo Witbooi, Chantell Phillipus,  Tiffany Saterdaght, Jermaine Bruintjies, Charissa Esau en Zietske Saaiman EKSTRAS Bridgton UCC Band, Azola Mkrola, Wilfred Kock, Libongo Baby, Melikhaya Blou, Semorné Beukes, Jody Leigh de Villiers, Chanell Witbooi, Taytum Sevierus, Nadine Hendriks, Tayla Damons, Errol Esau, Coubireen Naude, Mbuso Jantjies, Siyasanga Building, Keenan Alexander, Liesl Ada and Jade Barry

Ná die sukses van Karoo Kaarte se aangrypende teaterproduksies Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022) verlaat die teaterspan vanjaar die tradisionele teaterruimtes en skep ’n splinternuwe plekspesifieke produksie gesentreer rondom die eens fabelagtige, maar nou vervalle Oudtshoorn-spoorweg. Die span het met behulp van die navorsing oor die geskiedenis van Oudtshoorn-treine, asook die vele herinnerings daaroor en karakters rondom dit, ’n surrealistiese en poëtiese staptoer geskep. Die gehoor word teen skemertyd op reis geneem langs Oudtshoorn se treinspore, waar ’n reeks verrassende optredes langs die pad wag. Trek gemaklik skoene aan en bring ’n baadjie.

Veeltalig • Geen o.13 • 80 min.
R80 (vooraf) • R50 (Vriende van die KKNK) • R90 (by die deur)
23 Maart, 17:30
24 Maart, 17:30
25 Maart, 17:30
26 Maart, 17:30
27 Maart, 17:30
28 Maart, 17:30
29 Maart, 17:30
30 Maart, 17:30
Die treinspoor

Het jy al gekyk na:

Karoo Kaarte bied ’n interaktiewe werksessie vir kinders aan waarin jong feesgangers voorgestel word aan gewilde Klein Karoo-speletjies: skaloeloe, drie-blikkies, gaatjie en kennetjie. ...
Die Suid-Afrikaanse komediant Ambrose Uren deel sy unieke en omstrede storie in hierdie komedievertoning, vol onverwagse en lawwe kinkels. Hy vertel van sy bestuurslisensie wat ...
Dewie de Jager is ’n doodgewone ou. Hy is nie die tipe ou teen wie mammas hulle matriekdogters waarsku nie. Hy is die ou wat ...