Fietsry vir dommies

’n Suidoosterfees-produksie, ontwikkel met die ondersteuning van NATi, die Kunstekaap en die Jakes Gerwel Stigting

MET Eldon van der Merwe REGIE Dean Balie TEKS EN VERVAARDIGER Tiffany Saterdaght MUSIEKREGIE Dean Balie TEGNIESE VERHOOGBESTUURDER Dian Harcovecchio

Carl het ’n graad in konstruksiebestuur, maar hy woon steeds in die “blink hokke” van Rose Valley. Hy ly aan depressie en dink gereeld na oor wat dit beteken om ’n bruin man in Suid-Afrika te wees. Verder eis “black tax” sy tol met die opoffering wat hy vir sy familie en gemeenskap moet maak. Carl se uitdagings word treffend uitgebeeld met rymklets en poësie.

Teks is oorspronklik as leesteater by die KKNK se Teksmark Oudtshoorn in 2021 voorgelê

Afrikaans • Geen o.13 T • 55 min.
R130 (vooraf) • R120 (Vriende van die KKNK) • R145 (by die deur)
26 Maart, 19:30
27 Maart, 09:30
28 Maart, 18:00
30 Maart, 20:00
31 Maart, 09:30
Van Reedesaal

Het jy al gekyk na:

Die hiernamaals is toe baie minder deftig as wat ons gedink het – verbeel jouself ’n staatsdepartement uit die 1970’s. Dis waar Nora haarself nou ...
Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning ...
Dean John Smith, Suidooster se geliefde Wade, klim weer in die skoene van die skreeusnaakse Bettie, sy aweregse sosialemedia-persona. ...